Bly Plekke Logo
  • 1 of 11
    1/11 - Southern view of JubelnJuig Self-Catering unit on the right of the garages
  • 2 of 11
    2/11 - Spacious patio with six chairs and view on Piketberge
  • 3 of 11
    3/11 - 6 seater patio table and chairts and braai
  • 4 of 11
    4/11 - Open plan from kitchen view. Two sleeper couches of 117cm wide each
  • 5 of 11
    5/11 - Kitchen is well equipped andmodern
  • 6 of 11
    6/11 - View from the open plan into the kitchen
  • 7 of 11
    7/11 - Comfortable for the ladies with socket below the table
  • 8 of 11
    8/11 - Relax and chill
  • 9 of 11
    9/11 - Bedroom with kingsize bed or twin beds. reading lights above
  • 10 of 11
    10/11 - Spacious modern bathroom with shower and tub.
  • 11 of 11
    11/11 - Fire for comfort or for braai and a lekker kuier on the patio
  • 1 of 11
  • 2 of 11
  • 3 of 11
  • 4 of 11
  • 5 of 11
  • 6 of 11
  • 7 of 11
  • 8 of 11
  • 9 of 11
  • 10 of 11
  • 11 of 11
*Vanaf R500
Per persoon per nag (wat deel)
*Tariewe kan verskil volgens seisoen/aantal mense
 SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeë kennisgewings Wys Tariewe Gas resensies Beskikbaarheidskalender English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres:4 Pikkewyn Close, Kersbosstrand, Dwarskersbos, Western Cape, South Africa
Kontak:Mariette Maartens
Cell  :+27-82-8296372

Betalings Opsies
  • Cash on arrival Cash on arrival
  • EFT / Bank Transfer EFT / Bank Transfer
Eienaar Taalopsies
  • English
  • Afrikaans
Uitleg Slaapgeriewe
  • JubelnJuig (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - king
    • Slaapkamer 2 - single sleeper couch, single sleeper couch
Bladsy Statistieke
25597 besigtings sedert 15 May, 2012.
Laas opgedateer op 03 Jul, 2023.
First year listed on WhereToStay.co.za

Jubel n Juig selfsorg-eenheid in Kersbosstrand, Dwarskersbos aan die Kaapse Weskus is 'n spesiale plek van ontspanning. Hierdie 68m² eenheid is deel van my huis en skaars 200m weg van die strand. Dit is in die 3de ry vanaf die strand en kyk Noord.

Ons luukse selfsorg eenheid het 'n slaapkamer met 'n konings-grootte bed en ingeboude kaste. Daar is ook twee slaapbanke wat groot genoeg is, (117cm per bank) om 2 ekstra persone per eenheid te huisves.

Die kombuis is goed toegerus en al die skoonmaak-middels word voorsien. Dit het ruim eet- en sit-geriewe. Die slaapkamer het ingeboude kaste en eie badkamer met 'n stort/bad-kombinasie en 'n muurprop vir skeer. Bad-handdoeke is beskikbaar.

Ander geriewe sluit 'n plafon-waaier en verwarmer in die slaapkamer in, 'n groot onder-dak stoep met braaigeriewe en seil-skerm vir die weer, as ook 'n Tv, DVD (geen DSTV-gerief nie), radio en CD-speler. Parkering reg by die voordeur. Van die stoep af, kan 'n klein stukkie van die see (Noord/Wes)  en die Piketberg (Ooste) gesien word. U hoor deurentyd die see se geluid.

Bring u eie strand-handdoeke en hout vir braai.

Dwarskersbos het verstommende sonsondergange! Vars lug, lang, oop strande lei na 'n panorama van prag. In die middel van die somer veroorsaak 'n sandbank, omtrent 150m in die baai, dat die water se temperatuur soms tot soveel as 20 tot 23°C styg! As deel van die blomme-gordel spog Dwarskersbos self met sy eie flora, iets wat gesien moet word!

Elke seisoen het sy eie bekoring by Jubel n Juig. Dit is 'n bekorende gesig om te sien en te voel as die mis oor die see ingerol kom, oor die strand - die tuin - die vensters. Dit is dan dat u die stilte kan hoor! Die geluid van water wat aan die sand van die strand lek. Die gedempte skreeu van die seemeeue wat na mossels soek. Dan weer die geluid van die wind - u kan die reën ruik wanneer die wind uit die Noord-Weste teen u druk om 'n sweempie van sout op u lippe te los.
"Waarmee kan ek my tyd verwyl?" mag u vra.

Los die malle gejaag agter u en kom, ontspan, kom vind weer u innerlike self en doen alles wat u nie normaalweg tyd voor het nie. Pak 'n piekniekmandjie en gaan kyk na voëls by die Rocherpan of by Bergrivier. Besoek die seekos-restaurante in Laaiplek en Velddrif, bederf uself by die opelug strand-restaurant, Muisbos-skerm, naby Lambertsbaai, of Boesmanland Kombuis, in Langebaan. Besoek die Weskus-inkopiesentrum in Vredenburg, bespreek 'n bootvaart op die Bergrivier - of neem slegs 'n boek en lees!!!

U is welkom om u bergfietse te bring om deur die natuurlike en ryk sandveld te ry - baie veilig en ontspannend. Geniet ritte na Elandsbaai, Piketberg, Porterville en gaan pluk kersies (Desember)op die Klondyke-Kersieplaas in Ceres. 'n Ligte middagete by Draaihoek-gastehuis, halfpad na Elandsbaai, is 'n besonderse smaak-ondervinding!

Koop 'n string bokkoms (windgedroogde vis), of bring u eie hengel-gerei. Ontspan teen die einde van die dag met 'n braai op die stoep, maar bo alles, voel hoe die kalmte die spanning verdring.

 
Fasiliteite
  • Wasgeriewe
  • Tee / koffie fasiliteite
  • Wasgeriewe (minder as 2 km)
  • Parkering op die terrein
  • Nie gediens
  • Verwarmers in eenheid
  • Strand (minder as 500 m)
  • Wasmasjien op die terrein
Maak Google Map oop
  • Aanwysings
    GPS Koördinate - S 32° 40.869' O 18° 14.754'
Aanwysings
GPS Koördinate - S 32° 40.869' O 18° 14.754'
Naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
25597 besigtings sedert 15 May, 2012.
Laas opgedateer op 03 Jul, 2023.
First year listed on WhereToStay.co.za
Kaartaansig

Satellietaansig
Kaartaansig
Straataansig
Beskikbaarheids kalender

Jubel n Juig Self Catering Unit
Slide calendar from left to right

Wag u op 'n spesiale ooreenkoms?

Spesiale aanbiedings! Ontvang vroeë kennisgewings

Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!

Spesiale aanbiedings

Teken in en word in kennis gestel die oomblik dat hierdie eiendom 'n spesiale aanbod plaas!

Wees die eerste om te weet en mis nooit uit nie!

'n Bevestigingsboodskap sal aan u gestuur word voordat hierdie intekening geaktiveer is.
* Book Online
  • 1 of 11
    1/11 - Southern view of JubelnJuig Self-Catering unit on the right of the garages
  • 2 of 11
    2/11 - Spacious patio with six chairs and view on Piketberge
  • 3 of 11
    3/11 - 6 seater patio table and chairts and braai
  • 4 of 11
    4/11 - Open plan from kitchen view. Two sleeper couches of 117cm wide each
  • 5 of 11
    5/11 - Kitchen is well equipped andmodern
  • 6 of 11
    6/11 - View from the open plan into the kitchen
  • 7 of 11
    7/11 - Comfortable for the ladies with socket below the table
  • 8 of 11
    8/11 - Relax and chill
  • 9 of 11
    9/11 - Bedroom with kingsize bed or twin beds. reading lights above
  • 10 of 11
    10/11 - Spacious modern bathroom with shower and tub.
  • 11 of 11
    11/11 - Fire for comfort or for braai and a lekker kuier on the patio
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Jubel n Juig Self Catering Unit - Dwarskersbos Verblyf.
WTS App Browser