Get it on Google Play
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Ponta Malongane, Mozambique
Kontak : Rita Wilkinson
Sel (1) : +27-82-4417729
Sel (2) : +27-82-7853994

As jy lus voel om ‘n bietjie weg te kom van alles, is HARRITA LODGE & TOURS by Ponta Malongane in die suide van Mosambiek net die plek om te wees.

Jy het nie 'n 4x4 nodig om jou Mosambiekse vakansie te geniet nie, want 'n veilige voertuig park fasiliteit by Kosibaai grens maak voorsiening vir parkering en oordragte na en van die grens is ook beskikbaar.

Van die koeler winter dae tot die warm somer dae, is dit die ideale plek om te ontspan in tropiese water, in die son bak of net lui- lekker tyd spandeer om die swembad.

Die Mosambiekse kultuur maak voorsiening vir kuier saam met die plaaslike inwoners en om hulle drankies en etes te geniet.

Hierdie gebied is ook bekend vir ideale visvang, snorkel, duik en swem met dolfyne en walvisse.

Hierdie luukse, ultra-moderne nuut geboude vakansie lodge met ‘n uitsig oor die see is ten volle toegerus en bestaan uit:

  • 3 Dubbel en-suite, 1 Familie / Wittebrood suite, 2 kamers wat elk 3 persone kan akkommodeer.
  • 2 Badkamers
  • Oopplan kombuis
  • Eetkamer
  • Opwas
  • TV sitkamer met DStv
  • Lugversorging en waaiers regdeur
  • 3 Onthaal dekke verbind deur trappe vanaf groot parkeer terrein
  • 1 Sitkamer bo vir mengeldrankies en ‘n dek vir skemerkelkies
  • Private swembad, braai, kroeg en vermaak gebied met TV
  • Ten volle gediens. Opsies van Bed & Ontbyt, volle losies of Selfsorg
  • Selfoon ontvangs
  • Rekenaar en Internet beskikbaar

Die lodge is ideaal vir groot groepe of vir individue wat die luukshede van hulle eie huise wil hê, terwyl met vakansie.

Daaglikse reise na die Olifant Park, Lake Sutiva en Lake Peti, Ponta Dobela, Ponta Chimecane, Ponta de Oura, Mamoli en die stad van Maputo en oordragte na en van die grens kan gereël word.

Watersport sluit in:

  • Duik
  • Skubaduik
  • Kite Surfing
  • Branderplank ry
  • Paddle ski
  • Jet ski

Te Huur:

  • Vierwiel motorfietse
  • Jetski’s (net gekwalifiseerde persone)
  • 4x4

Aktiwiteite wat aangebied word:

  • 4x4 Ritte vir vierwielmotorfietse en voertuie
  • Bote kan geloots word by Ponta Malongane
  • Bootritte, Walvis en Dolfyn kyk
  • Diepsee visvang
  • Visvang van die strand
  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Besoeke aan die plaaslike Baracas

Alle aktiwiteite kan gereël word op versoek.    

Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai
  • braai - kommunale
  • buite swembad
  • DSTV in die kamer
  • DSTV in kommunale gebied
  • duik (minder as 10 km)
  • elektroniese kluis
  • kano (minder as 5km)
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kroeg/kroegsitkamer
  • kroegyskas
  • lughawe (minder as 15km)
  • lugversorger (alle eenhede)
  • lugversorger (sommige eenhede)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • meer (minder as 5km)
  • meer op die terrein
  • mikrogolf in eenheid
  • motorhuur (minder as 20km)
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • private swembad
  • restaurant (minder as 5km)
  • strand (minder as 500 m)
  • tee / koffie fasiliteite
  • tuimeldroĆ«r
  • visvang (minder as 3 km)
  • visvang op die terrein
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • walviskyk op die terrein
  • wasmasjien op die terrein
  • wildritte (minder as 30 km)

  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
Bladsy Statistieke
29398 besigtings sedert 09 Dec, 2009.
Laas opgedateer op 08 Jan, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 9 years

Harrita Lodge & Tours verskyn in die volgende afdelings:

Ponta Malongane Baai Bed & Ontbyt AkkommodasiePonta Malongane Baai Gastehuis Akkommodasie