Omtrent ons

Ons is gerieflik geleë naby Boulders-strand met 180° uitsig oor Valsbaai vanaf Muizenberg in die Noorde, of Kaap-Punt in die Suide. Op 'n helder dag kan u tot by Stellenbosch, Gordonsbaai, Robeiland en selfs Kaap Hangklip sien.

Felsensicht is 'n ultra-moderne, groot, aanskoulike en wonderlik gerieflike huis. Dit is pragtig gemeubileerd met al die moderne geriewe. Al die nodige beddegoed, eetgerei, breekware, glasware, potte, panne, ens. word voorsien. 'n Gratis skoonmaakdiens is een keer per week beskikbaar.

Die huis is 2 minute se stap van die Vissermans-strand en 20 minute se stap na die wêreld se bekende pikkewyne.

Ons bied gratis hoëspoed-koppeling aan al ons gaste.

Ons kan tot 6 persone in twee dubbelkamers en een kamer met enkelbeddens huisves. Die verblyf is selfsorg. Kinders is welkom. Neem asseblief kennis dat ons 'n geenrook-onderneming is.

BESONDERHEDE VAN VERBLYF

Grondvloer: Groot motorhuis en stoorplek

Middelvloer: Oopplan kombuis, woon-, eetkamer, gaste badkamer, spens, glasbladstoof met oond, ys/vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, skottelgoedwasser, tuimeldroër, Jet Master kaggel, satelliet Tv, vloerverhitting. Groot see-aansig balkon met 'n pragtige uitsig, 'n Weber- en gas-braaigeriewe.

Boonste Vloer: 3 Slaapkamers, elkeen loop uit op die balkon met see-uitsig, 2 badkamers (1 privaat) met bad en stort.

GEWILDE AKTIWITEITE IN DIE KAAPSE SKIEREILAND

Swem, branderplank-ry, brander-ry, windseil, kajak-seeroei. Diepsee-duik, diepsee-hengel, strand-hengel, seiljag vaarte, walvis-kyk, pikkewyn-besoeke by Boulders-Strand Nasionalepark, gholf, muurbal, rolbal by die Simonstad Country Club, voëlkyk, bootvaart na die diepsee en fietsry.

Ander gewilde plekke om te besoek: Kaappunt - neem die "Funicular" op na die ligtoring, SA Vloot-museum, Speelgoed-museum,  "Scratch Patch" (half-edelsteen-versameling).

 Daar is baie restaurante in die omgewing wat 'n groot verskeidenheid uitstekende geregte aanbied. Simonstad spog ook met sy eie waterfront met baie ouderwetse winkels wat geskenke, klere, aandenkings, handgemaakte artikels, ens. aanbied.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • AA Superior Accommodation
  • Tourism Grading - 4 Stars
Fasiliteite
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai
  • DSTV in die kamer
  • duik (minder as 10 km)
  • elektroniese kluis
  • films / teater (minder as 5km)
  • Golf (minder as 5km)
  • kaggel
  • kano (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kroegyskas
  • lughawe oordragte
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • motorhuur (minder as 20km)
  • muurbalbaan (minder as 5km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • rolbal (minder as 5km)
  • seiljag verhuur (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • tee / koffie fasiliteite
  • tennisbaan
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • tuimeldroër in eenheid
  • visvang (minder as 3 km)
  • volstruisplaas (minder as 10 km)
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • walviskyk op die terrein
  • wasgeriewe
  • wasmasjien in eenheid
  • Waterski (minder as 10 km)
  • wi-fi / hotspot
  • wildritte (minder as 30 km)

Rigting aanwysings
Neem die kuspad vanaf Simonstad, Suidwaarts na Kaap-Punt. Na omgeveer 2.2 km is die Boulder's Beach afdraai aan die linkerkant en die Simonstad se Country Club aan die regterkant. Ry vir 800m verby Oatlands en die Cape Times Fresh Air Camp aan die regterkant. Draai dan 45° na regs in Valley Rd wat vir 50m steil is. Draai in die eerste, regterkantse straat in (Arum Rd) en 30m verder aan is no 10 (Felsensicht) aan die linkerkant.