Dumbe, waar die Voortrekkers Natal binne getrek het, oppad na die Drakensberge - 'n platorand van die geskiedenis. Hierdie klip, kothuise wat akkommodasie bied vir twee persone, het ‘n asemrowende uitsig van tye wat lank verby is. (Een koningin grootte bed). Die ideale, romantiese wegbreek vir 'n paartjie.

Dumbe is ongeveer 280 km vanaf Durban en sowat 300 km vanaf Johannesburg, op die R 74 roete.

Eskom krag word voorsien.

Die kombuis is ten volle toegerus met eetgerei, breekware, ‘n gasstoof,  mikrogolf en ‘n yskas.

Beddegoed en handdoeke word voorsien. Bring jou eie houtskool en vuuraanstekers vir ‘n braai op die dek.

Dumbe bied vlieghengel, bergfietsry, 4x4 roetes, voël besigtiging, stap en pure ontspanning, veral op die sondek.

Kaggel en hout word voorsien. (R 30 per houer).

Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Fasiliteite
  • kaggel
  • natuurroete op die terrein
  • parkering op die terrein
  • visvang op die terrein

Rigting aanwysings

GPS Koördinate
-28,554108 breedtegraad
29,150353 lengtegraad