Waar die Voortrekkers, tydens Die Groot Trek, Natal binne getrek het deur die Drakensberge (Retief Pass) sal jy Dumbe vind.

Dumbe is geleë op die platorand van geskiedenis, 'n kliphuisie, geskik vir 2 persone, met ‘n verrassende insig van tye wat verby is. Dumbe bied gerieflike akkommodasie met 'n dubbel kamer (akkommodeer 2 persone). Die ideale, romantiese wegbreek vir 'n paartjie.

Die woonkamer en eetkamer lei uit op die sonde ken bied 'n asemrowende uitsig oor die hele vallei.

Dumbe is ongeveer 280 km vanaf Durban en sowat 300 km vanaf Johannesburg, op die R 74 roete.

Eskom krag word voorsien.

Die kombuis is ten volle toegerus met eetgerei / breekware / gasstoof / mikrogolf en ‘n yskas.

Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die braai area, geleë tussen rotse en Protea bosse, het ‘n uitstekende uitsig. Bring asseblief jou eie houtskool en vuuraanstekers.

Dumbe is binne loop afstand vanaf die Kaalvoet Vroue Monument. Vir ontspanning is daar vlieg-hengel, bergfiets ry, 4x4 roetes, voëls besigtig, stap en pure ontspanning.

Kaggel en hout word voorsien. (R 30 per houer)

Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Fasiliteite
  • kaggel
  • natuur roete op die terrein
  • parkering op die terrein
  • visvang op die terrein

Rigting aanwysings

GPS Koördinate
-28,554108 breedtegraad
29,150353 Lengetegraad