Kontrolleer asseblief die beskikbaarheid van datums op die aangehegte kalender!

Geluk!
U het Paternoster ontdek - 'n paradys van myle se verlate wit sandstrande, asemrowende sonsondergange, van die beste seekos op die weskus, lenteblomme en die Cape Columbine in 'n natuur-reservaat.

Paternoster bly 'n vriendelike, vissers-dorpie. In die seisoen, kan u kreef direk van die bote af koop. U kan enige tyd van die jaar gaan eet in een van die puik restaurante. Kayak-roei op die see, hengel, voël-kyk, gholf, windsurfing en perdritte is alles naby beskikbaar.
Om te ontspan is maklik, om weg te gaan is die moeilike deel!

En reg op die strand is ons huis, Ceol na Mara - die Ierse woord vir "musiek van die golwe" - en sy aangrensende mini-woonstel - Ceoleen (bietjie musiek). Ons het seker gemaak dat beide eenhede ten volle toegerus is, insluitend haardroërs, Hi-Fi en TV DSTV (bring asseblief jou eie Multichoise kaart). Verhitting d.m.v. elektriese panele of gas-verwarmers. Handdoeke, badlakens en beddegoed word voorsien.

Ons versoek dat daar nie in die eiendom gerook word nie. Ons is jammer, maar troeteldiere word nie toegelaat nie.

Ceol na Mara bied slaapplek vir 4 tot 6 persone. Daar is 'n koningins-grootte slee-bed in die galery en 2 ekstra lang enkelbeddens in die 2de slaapkamer. Skaapvelle bedek die vloere en albei slaapkamers het 'n eie badkamer. 'n Slaapbank in die hoof-woongebied kan slaapplek vir nog 2 persone bied.

Dink net hieraan: kyk na die walvisse of geniet 'n romantiese skemerkelkie as u die asemrowende sonsondergang vanaf die balkon geniet, een van die grootste in Paternoster - ontspan in die verstommende, knus gemeubileerde dubbel-groot woonkamer met sy oop kaggel en oorspronklike kunswerk deur die bekende plaaslike kunstenaar, Karin Sell - sonbraai in die tuin voordat u die kort privaat paadjie na die strand toe neem - hou 'n partytjie op die stoep, eet kreef en biefstuk op die buite-braaier gebraai.

Die kombuis is ten volle toeggerus met oond, stoof, mikrogolfoond, skottelgoed-wasser, yskas, vrieskas en elektroniese kluis. Daar is 'n ekstra stortkamer.

Gaste in Ceol na Mara het toegang tot 'n veilige motorhuis vir een motor en die gebruik van 'n wasmasjien, tuin lê-stoele en hangmat-stoele. 'n Verskeidenheid van DVD's is ook op versoek beskikbaar. Ons voorsien 'n komplimentêre sak met hout vir braai.

Ceol na Mara is bekroon met 3 sterre deur die Toerisme Graderings-raad van Suid-Afrika.

Ceoleen het slaapplek vir 2 tot 4 persone en is perfek vir 'n kort wegbreek. Daar is 1 dubbelkamer en 'n slaapbank in die hoof-woongebied. Die kombuis het 'n stoof, mikrogolfoond en vries/ykas.

Die balkon met 'n mobiele braaier het uitsig oor die baai.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • Member of TripAdvisor
Fasiliteite
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • kaggel
  • parkering op die terrein
  • strand (absoluut op die strand)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien in eenheid