Bly Plekke Logo
Beskikbaarheids kalender

At Rest
Slide calendar from left to right
* Book Online
 High SeasonLow Season
At Rest whole unit. Max 6 persons
Per UnitR2834 per nightR1548.00 per night
 

High Season
29 March - 1 April 2024

16 December 2024 - 13 January 2025
 

Low Season
All dates not specified as high season

Tariewe is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.

Terme van betaling

As reaksie op u navrae sal u, per epos, 'n verblyf-aanbod ontvang met 'n terme-van-ooreenkoms-dokument wat u moet teken en aan ons terugstuur met bewys van betaling. 'n 50% deposito is nodig om u verblyf 'n wettige bespreekte plek te maak. Betalings mag slegs elektronies gedoen word - kredietkaarte word nie anvaar nie.
Enige bankkoste t.o.v. die betalings-metode, soos 'n kontant-deposito, behoort by die bedrag betaalbaar, gevoeg te word.Die Bespreking word eers 'n wettige bespreking na ontvangs van u bewys van betaling, sowel as die getekende terme van ooreenkoms, voor die aangemelde vervaldatum. Die balans van die totale bedrag is betaalbaar 30 dae voor aankoms. Indien die bespreking gedoen word minder as 30 dae voor aankoms, is die volle bedrag met bespreking betaalbaar.
Die eienaar se 2-sitplek kajak is gratis beskikbaar vir die uitsluitlike gebruik van ons gaste. Die waarde is R200 per dag.

Kansellasiebeleid

Die deposito is nie verhaalbaar nie, met die uitsonderings soos bepaal in die verbruikers-beskermingswet.

Aankoms En Vertrek Tye

Aankoms: Tussen 14h00 en 20h00 tensy anders gereël.
Vertrek: 09h00.
Die minimum verblyf is 2 tot 7 nagte, afhangende van die tyd van die jaar.
Die eienaar se 2-sitplek kajak is gratis beskikbaar vir die uitsluitlike gebruik van ons gaste. Die waarde is R210 per dag.

Reëls/Voorwaardes

Toegang word slegs verleen nadat al die gelde ontvang is.
Geen rook binne die kajuit nie. Geen kampering of troeteldiere toegelaat nie.
Maksimum van 6 gaste word toegelaat.
Alle ander persone moet te alle tye in ag geneem en gerespekteer word. Stilte na 22h00.
Kontak besonderhede van die gasheer sal voorsien word na betaling van die balans van die volle bedrag en die bewys daarvan ontvang is. Kontak die gasheer 2 dae voor aankoms om die verwagte tyd van aankoms te bevestig. Gee die gasheer ten minste 3 ure vooraf kennis indien die verwagte tyd van aankoms verander.
Om die gewag by die hek uit te skakel, skakel asseblief (nie per sms nie) die gasheer 30 min voor aankoms om toegang te verkry.
At Rest word op u eie risiko gebruik. Die eienaar, sy agente en werkers ("die eienaar") sal nie verantwoordelik wees vir enige eis van watter aard ookal, insluitend, maar nie beperk tot diefstal, beserings, verlies of skade van watter aard ook al. Die gaste doen hiermee afstand van enige eise teen die eienaar, tensy hierdie eise berus op die grond van nalatigheid van die eienaar.

{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
At Rest Rates
WTS App Browser