Get it on Google Play
  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeĆ« kennisgewings E-Pos Bespreking / Navraag Wys Tariewe
English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Roosstr. 285, Clarens, Free State, South Africa
Kontak : Britta van Biljon
Tel : +27-58-2561195
Faks : +27-86-5131531
Sel (1) : +27-82-4936195
Sel (2) : +27-82-7772647

Akzente is in die hart van Clares geleë, binne stapafstand van al die gallerye, winkels en restaurante, maar het tog 'n skideragtige uitsig oor die vallei en berg van Golden Gate en Lesotho.

Hierdie selfsorgverblyf bestaan uit drie woonstelle, ideaal vir klein groepies of gesinne se byeenkomste.

  • Die kombuise is ten volle toegerus met 'n yskas, tweeplaat-stofie, mikrogolfoond, rooster, ketel met al die eetgerei en breekware benodig.
  • Elke woonstel het sy eie balkon waar u kan sit om die pragtige uitsig te bewonder terwyl u ontbyt geniet of braai. U kan ook daarvandaan u kinders sien as hulle in die klein tuintjie speel.
  • Vir die aande, of daardie reënrige dae, is daar 'n cd/radio en Tv (DSTV boeket) in elke woonstel.
  • Al die linne en handdoeke word voorsien.
  • Parkeerplek is op die terrein beskikbaar.

Grondvloer: Die woonstel op die grondvloer het slaapplek vir 4 persone. Een kamer het 'n dubbelbed, een kamer het 'n enkelbed en nog een enkelbed in die woonkamer. Die badkamer het slegs 'n stort. Daar is 'n gasverwarmer in die woonkamer en in die badkamer.

Alda's: Hierdie ruim enkelwoonstel is op die grondvloer vir 3 persone in 3 enkelbeddens (twee kan as konings-grootte dubbelbed op versoek gebruik word). Die badkamer het slegs 'n stort. Daar is vloerverhitting in die woonkamer en 'n gas-verwarmer in die badkamer.

Boonste vloer: Hierdie woonstel het slaapplek vir 7 volwasse persone en een kind op twee vloere. Op die eerste vloer is 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n badkamer met 'n bad ('n stort bo die bad) en die oopplan kombuis/woongebied. Die solder het een kamer met twee enkelbeddens en 'n oop gebied met 3 enkelbeddens en 'n kinderbedjie, ook 'n badkamer met 'n stort. Elke slaapkamer het 'n muurpaneel-verwarmer en daar is 'n gasverwarmer in die woongebied.

Fasiliteite
  • braai
  • DSTV in die kamer
  • Golf (minder as 5km)
  • jag (minder as 30 km)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • muurbalbaan (minder as 5km)
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • radio in die kamer
  • restaurant (minder as 5km)
  • rotskuns (minder as 20km)
  • tee / koffie fasiliteite
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • visvang (minder as 3 km)

  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Alda's (Slaap 3) x 1
    • Slaapkamer 1 - enkel, enkel, enkel
  • Downstairs (Slaap 3) x 1
    • Slaapkamer 1 - dubbel
    • Slaapkamer 2 - enkel
  • Upstairs (Slaap 7) x 1
    • Slaapkamer 1 - dubbel
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 3 - enkel, enkel, enkel
Bladsy Statistieke
10313 besigtings sedert 20 Aug, 2013.
Laas opgedateer op 12 Aug, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 6 years

Akzente verskyn in die volgende afdelings:

Clarens Selfsorg Vakansie WoonstelleClarens Selfsorg Akkommodasie