Get it on Google Play

40 Montage VillageEnglish

  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeĆ« kennisgewings

40 Montage Village
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Montage Village
Wagtail Street
Sedgefield
Western Cape
South Africa
Kontak : Cathy Birkett
Plaaslike Tel : 044-3432751
INT Tel : +27-44-3432751
Plaaslike Faks : 044-3432751
INT Faks : +27-44-3432751
Sel (1) : 083-7870290
Sel (2) : 082-6005910

Hierdie is die ideale vakansie-huis (8 persone) om 'n ontspanne sorgvrye vakansie in Sedgefield te geniet.

Met uitsig op 'n Voël-reservaat en binne 'n veilige kompleks is hierdie moderne vakansiehuis sentraal geleë in die dorp - stapafstand na die winkels, restaurante, die strandmeer en 'n paar minute se reistyd na pragtige strande.

Die huis het 'n ruim, oopplan woongebied, 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n goed toegeruste kombuis. Die groot bedekte stoep na 'n tuin, laat u toe om die buitelug te geniet.

Die geriewe sluit 'n toegeruste kombuis in, met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, vries/yskas, 'n motorhuis met 'n wasmasjien, droër, kroegyskas en 'n Weberbraai. Daar is 2 Tv's, DSTV (bring u eie kaart) en 'n DVD-speler. Al die beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar bring asseblief u eie strandhanddoeke. Daar mag nie in die huis gerook word nie. Skoonmaakdiens gedurende u verblyf in die huis, kan, met ekstra koste, gereël word.

Geniet 'n wandeling in die voëlreservaat, die wonderlike sonsondergange, uitsig op die Outeniqua berg, 'n braai onder die sterverligte hemel en laat die kinders op die veilige klouter-raam en speelgebied van die kompleks, speel.

Hierdie gerieflike huis in die veilige, sentrale gebied is die ideale plek vir n ontspanne en sorgvrye vakansie.

  • Sedgefield is die eerste "slow" (or "Cittaslow") dorp in Suid-Afrika. Cittaslow-dorpe be-oog om goeie plekke te wees, te bly, te werk en te besoek. Hulle be-oog om plaaslike sake-ondernemings te ondersteun, die plaaslike tradisies te bevorder, omgewing te beskerm, besoekers te verwelkom en om aktiewe deelname in die gemeenskapslewe te bevorder.
  • Sedgefield lê tussen George en Knysna - 25min na beide kante.
  • Sedgefield kan u alles bied in terme van voedsel, wasgoed, dokters, apteke, drankwinkels, restaurante, 'n groot verskeidenheid van buite-aktiwiteite, 'n veilige strandmeer vir swem & hengel en pragtige strande.
  • Wild Oats Farmers Market en Scarab Craft Market, elke Saterdag oggend. U kan daar ontbyt, vars produkte en tuisgemakte lekkernye direk van die boere koop. Dit is 'n moet vir al die naweek-besoekers.
  • Uitstekende voël-kyk in die Voël-reservaat en omliggende omgewing.
  • Ander aktiwiteite om binne 25km radius te geniet, sluit die volgende in: Gholf by wêreldklas gholfbane - Penzula, Simola en Fancourt of die plaaslike mashibaan. Brander-ry word by Victoria- en Buffelsbaai geniet, goeie bergfiets-bane in die woud, paragliding vanaf die duine, staproetes in die natuur-reservaat, quadfietse, kanoroei en baie, baie meer....

  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • 40 Montage (Slaap 8) x 1
    • Slaapkamer 1 - koning
    • Slaapkamer 2 - koning
    • Slaapkamer 3 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 4 - dubbel
  • Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • braai
  • DSTV in die kamer (bring card)
  • DSTV in kommunale gebied (bring card)
  • Golf (minder as 5km)
  • kaggel
  • kano (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kroegyskas
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • meer (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • restaurant (minder as 5km)
  • rolbal (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • tee / koffie fasiliteite
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • tuimeldroĆ«r in eenheid
  • visvang (minder as 3 km)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien in eenheid
  • wasmasjien op die terrein
Bladsy Statistieke
12700 besigtings sedert 08 Jun, 2011.
Laas opgedateer op 21 May, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 8 years