Hierdie luukse 3 slaapkamer woonstel, op die 3de verdieping, is geleë in 'n kompleks wat op die rand van die strand en see geleë is, met ‘n panoramiese, ononderbroke uitsig op die brekende branders vanaf die groot balkon, met direkte toegang vanaf die eenheid na die strand.
Vir selfsorg vakansiegangers is Skiathos die ideale woonstel om te bespreek.
Nommer 13 bied die volgende aan:
Buite
Let asseblief daarop:
Linne, duvette en kussings word voorsien.
Huurders moet hul eie bad-, strandhanddoeke, vadoeke en toilet benodighe voorsien.
Hierdie woonstel word daagliks gediens, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.
Shaka's Rock is goed geleë in die hartjie van die Dolfynkus, langs Ballito en bied vakansiegangers 'n groot verskeidenheid duiksport en spiesvisvang.
Thompson's Bay-strand is naby geleë en is bekend vir veilige swem met lewensredders aan diens, haainette in plek en "Charlies Pool" - (‘n groot gety swembad) wat meer sekuriteit bied vir jong swemmers en seniors.
Vanaf Willard Beach (hoofstrand by Ballito) kan 'n mens 'n ruwe wandelpad na Shaka's Rock (Thompson's Bay) volg deur 'n opening in ‘n krans.
Ballito is 'n vriendelike, besige dorpie met moderne winkelsentrums, teaters, sportgeriewe, restaurante en goue strande. Die mikrovlug-vliegveld is naby geleë en sluit opwindende uitstapiies oor Ballito / Shaka’s Rock area in.
Ons nooi jou uit om hierdie "Vrede in die Paradys" te kom ervaar.
Ballito Area Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Ballito Area Conference Venue Accommodation • Ballito Area Self Catering Accommodation • Chakas Rock / Shakas Rock Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Chakas Rock / Shakas Rock Conference Venue Accommodation • Chakas Rock / Shakas Rock Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!