Bly Plekke Logo

Queenstown Verblyf


St Michael & All Angels Anglican Church - Queenstown, Eastern Cape  © Bev18 @ Wikimedia Commons

Queenstown

Oos-Kaap Queenstown Vakansies
Klik hier vir Queenstown Akkommodasie

Eendag in die laat 1840's het 'n Britse Koloniale Amptenaar gestop om te rus naby die Komani Rivier. Hy het afgekyk na die groen vallei tot by die berg (wat later Madeira Mountain genoem is), en was so beïndruk met die prag van die omgewing dat hy, by sy terugkeer in Grahamstad, sy seniors vertel het dat hy ‘n plek gevind het wat so pragtig is, dat dit gepas sal wees om dit na Koningin Victoria te vernoem. Jare later in 1853, is hierdie pragtige omgewing van die Oostelike-grens/Oos-Kaap , Queenstown genoem, en dit het voortgegaan om die mees welvarende nedersetting in hierdie gebied van die Oos-Kaap te word.

Queenstown se Victoriaanse-era geboue bring herinneringe terug van vergange dae se stylvolle elegansie van ‘n florerende Queenstown en is werklik ‘n wonderlike ervaring vir diegene met ‘n liefde vir ou argitektuur wat die Oos-Kaap besoek. As jy onder die eike en bloekombome in die hart van Queenstown staan en kyk na die manjifieke ou geboue, die stadsaal, hofgebou, openbare kantore en die Anglikaanse Kerk van St Michael kan jy die gevoel kry van Queenstown se eertydse robuuste dae.

Leer alles oor die vroeë Queenstown wanneer jy die Queenstown Frontier Museum op Shepstone Straat besoek. Dit getuig van die prestasies van die Oos-Kaap se setlaars. Die Queenstown Museum huisves uitstallings, wat 'n vol grootte, gemeubileerde grens kothuis insluit, 'n natuurlike geskiedenis versameling en 'n fontein van klip vir drinkplek vir perde. 'n Ou stoomenjin met die naam “Queenstown” het buite die Queenstown Frontier Museum gestaan, maar is sedertdien geskuif, en neem nou ereplek in buite die Queenstown Queens Casino & Hotel, wat die middelpunt van vermaak in Queenstown is, en wat voorsiening maak vir die hele gesin.

Wanneer jy opsoek is na ander dinge om te doen in Queenstown, sal die natuurliefhebber en tuin entoesias die Walter Everitt Sunken Gardens geniet. Besoekers aan die die Oos-Kaap kan ontslae raak van hulle stads-stres, en ontspan in hierdie pragtige omgewing met swane en talle ander voëls wat gereëld hierdie tuine besoek. Die Queenstown Memorial Gardens in Shepstone Straat bied ook ‘n stille rustigheid en skoonheid dwarsdeur die jaar, sowel as die Berry Reservoir, wat 'n rustige toevlugsoord is vir diegene wat rus en vrede wil geniet.

Die kort Aloe staproete is geskik vir ‘n informele stapper en vir die meer energieke stapper is daar die langer twee uur staptog. Beide begin en eindig by die Berry Reservoir. Beide staproetes bied besoekers ‘n wonderlike uitsig van Queenstown en die omliggende Oos-Kaap area.

Net 5km buite die dorp op die Dordrecht Road lê die Bongola Dam (afgelei van die Xhosa woord "mbongolo" wat donkie beteken) - ‘n groot massa water, genestel in ‘n reuse diep basin in die berge rondom Queenstown. Die Queenstown Bongola dam is die hoofbron van water vir gebruik in Queenstown, maar is ook ideaal vir alle vorme van watersport: seiljag, power bote en waterski en ‘n heerlike plek vir piekniek. Vir die hengelaar, is die dam vol swartbaars en blouwangsonvisse (bluegill), wat vissermanne ure van plesier bied voor die oorkantste oewer hulle “roep” vir “drankoffers” saam met die inwoners by die Queenstown Power en seiljagklub perseel. Dit is ook 'n gewilde plek vir funksies.

Besoekers aan Queenstown sal 'n aantal Oos-Kaap Wildreservate vind in die omgewing rondom Queenstown, soos die Lawrence de Lange Wildreservaat geleë teen  die hange van Queenstown se Madeira Mountain. Die East Cape Game Reserve net buite Queenstown bied gaste die geleentheid om elande, gemsbokke, koedoes, blesbokke, springbokke, volstruise, sebras, Indiese water buffels, blouwildebeeste, renosters en kameelperde te sien. In die winter, is die Queenstown Wildreservaat oortrek met bloedrooi Aloe Ferox, en in die somer, voeg die tamboekie doring kleur by die Acacia wat bedek is met geel blomme.

'n Klein juweel in die middel van nêrens is Queenstown wat besonder skoon en netjies is in vergelyking met die meerderheid afgeleë Oos-Kaapse dorpe. Die moderne voorstede kan kers vashou met enige van die trotse dorpe in Suid-Afrika. Behalwe 'n verskeidenheid van ontbyt en selfsorg akkommodasie, het Queenstown ook ‘n Casino! Die Queenstown industrieële area lyk mooi en modern en daar is heelwat akkommodasie opsies vir handelsreisigers en besigheidsmanne wat Queenstown en die Oos-Kaap besoek vir besigheids geleenthede.

Nabygeleë Dorpe Met Verblyf
Naby Interessante Punte

Oos-Kaap, Queenstown Akkommodasie

Queenstown vorm deel van die pragtige Oos-Kaap se landskap en is op die oewer van die Komani Rivier. Hierdie uitsonderlinge Oos-Kaap se dorpie eggo nog vergange dae met sy Victoriaanse-era geboue. Oos-Kaap besoekers word teruggevoer na die stylvolle, eertydse elegansie van 'n florerende Queenstown. 

By die Queenstown Casino - Op die terrein is 'n hele paar restaurante - probeer gerus die Junction Restaurant, wat daarop gemik is om elke smaak te bevredig met fantastiese geure van regoor die wereld.

Wanneer U op soek is na verblyf in Queenstown Akkommodasie, probeer die pragtige malaria vrye Oos-Kaap se Heungklip Vallei of oornag in Queenstown Akkommodasie gele op 'n skaap en beesplaas met die majestieuse Oos-Kaap se berge aangrensend. Sommige van die Oos-Kaap se akkommodasie lodges is gele in pragtige tuine omring deur bome, en bied warm Queenstown akkommodasie gasvryheid. 

Om die volle Queenstown Akkommodasie spyskaart te sien, besoek die Blyplekke Queenstown Akkommodasie bladsy vir meer inligting oor verblyf opsies.

Ons wend 'n daadwerklike poging aan om 'n wye verskeidenheid van geskikte Queenstown Blyplekke te werf, veral die meer gewilde kategorie soos Queenstown Bed & Ontbyt Akkommodasie en Queenstown Selfsorg blyplekke.

Ons doel is om 'n mengsel van luukse asook bekostigbare Queenstown Akkommodasie te bied (vir alle sakke en smaak), veral Selfsorg akkommodasie in Queenstown, wat 'n kategorie is wat meer ingestel is vir familie vakansie verblyf in Queenstown.

Geskikte Queenstown vrblyf kan ook gevind word in Tarkastad - 69,3 km van Queenstown Akkommodasie; Hogsback - 105 km vanaf Queenstown Akkommodasie en Hofmeyr - 133 km vanaf Queenstown blyplekke.

{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Queenstown Verblyf, Amatola & Stormberg
WTS App Browser