The Potting Shed Guest House

Bed & Ontbyt Akkommodasie In Hermanus

Annamarie en David verwelkom u by The Potting Shed Accommodation, in die outydse dorpie, Hermanus, slegs 1 uur vanaf Kaapstad se Internasionale Lughawe. Geniet die persoonlike diens by die onderneming wat deur die eienaar bestuur word.

Bederf u self met bed en ontbyt by ons gastehuis, die hand-geskilderde binnekant bied 'n kunstige, unieke en persoonlike aanslag, óf, word wakker met die geluid van die brekende branders by ons see-uitsig, selfsorg-woonstelle (3km vanaf die gastehuis).

Die gastehuis het 'n 3-ster gradering deur die Suid-Afrikaanse Toerisme Graderingsraad verwerf.

Ons bied verblyf vir tot 26 gaste in 3 standaard kamers, 2 luukse kamers, 'n studio-kamer met 'n berg-uitsig, asook woonstelle met 'n see-uitsig - (die woonstelle is 3km vanaf die gastehuis).

Die grondvloer-kamers by die gastehuis het elkeen koffie/teemaak-geriewe, platskerm DSTV, gratis Wi-Fi, kluis, plafonwaaiers, muur-gemonteerde verwarmers, swem-handdoeke en privaat stortkamers. (Die luukse kamers het ook 'n yskas en stoep met 'n braaigebied).

Die studio-kamer is op die eerste vloer met 'n eie ingang, het 'n klein kombuisie met 'n mikrogolf/braaier, yskas, ketel en rooster, badkamer met stort en bad, volle DSTV, Wi-Fi & lugreëling vir die warm somernagte. Die privaat-dek is ruim, met 'n gasbraaier, 2 sonbanke en 'n sitgebied onder dak.

Die spog-ontbyt van die Gastehuis bestaan uit vars vrugte, jogurt, graankos, roosterbrood, spek & eiers en 'n verskeidenheid van tuisgemaakte produkte; pannekoek, beskuit, konfyte & vars gebakte brood en vars vrugtesap (binne seisoen)

Gaste word uitgenooi om die swembad met die spreiligte, sonbanke, tafels en stoele te geniet. Hulle mag ook gebruik maak van die braaigebied, braaigereedskap, eetgerei, glase en breekgoed wat op versoek voorsien sal word.

The Potting Shed Guest House is ideaal in 'n stil straat, weg van Hermanus se hoofpad, geleë. Kom en verken ons middedorp, restaurante, kranspaadjies en die see, alles, net 'n kort stappie weg.

 

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • Member of Cape Town Tourism
  • Member of TripAdvisor
  • Tourism Grading - 3 Stars
Fasiliteite
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai
  • buite swembad
  • kluis
  • muurbalbaan (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • tee / koffie fasiliteite
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • wi-fi / hotspot