Ons luukse, ruim 3-slaapkamer selfsorgwoonstel is op die 3de vloer in ’n veilige kompleks reg op die strand, ongeveer 100 meter van die strandmeer in Astonbaai af. Dit bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers, ’n oopplan kombuis/sitkamer en ’n ingeboude braai binne in die eenheid. Vanuit die woonstel het jy onbelemmerde en asemrowende see-uitsigte wat enige kusvakansie ’n besondere ervaring maak. Die kompleks het ’n geskutte buiteswembad reg onder die woonstel.
Die hoofslaapkamer front na die see en het ’n dubbelbed en en-suite badkamer. Die tweede slaapkamer front ook na die see en het ’n dubbelbed. Die derde slaapkamer het twee enkelbeddens. ’n Tweede badkamer bedien hierdie twee kamers. Die oopplan kombuis/sitkamer-area sluit ’n ingeboude braai met ’n wonderlike see-uitsig in. Die gemaklike gemeubileerde sitkamer het WiFi en ’n TV met ’n slimadapter vir Netflix, YouTube, ensovoorts. Gaste moet asseblief hul eie rekeninge/intekeninge gebruik.
Die kombuis is toegerus met ’n stoof, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolf, dubbeldeur yskas/vrieskas, broodrooster, ketel, yster, breekware en eetgerei vir 6 persone. Linne, duvets en bad handdoeke word voorsien. Bring net eie strandhanddoeke.
Aktiwiteite en dinge om te doen in en om Astonbaai:
Ander geriewe en besienswaardighede in die omgewing:
Jeffreys Bay Selfsorg Vakansie Woonstelle • Jeffreys Bay Selfsorg Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!
