Thatcher's Rest Self Catering Cottage

Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf In Dundee

Fotokrediete - Jenny Grinwiss Photography

Thatcher's Rest Self Catering Cottage, “Vrede, Rustigheid en Goeie Hengel”, is geleë op 'n plaas binne die Biggarsberg gebied in Noord-KZN.

Thatcher's Rest is ongeveer 8 km geleë vanaf die N11 tussen Ladysmith en Newcastle, ongeveer 350kms vanaf Johannesburg en ongeveer 300kms vanaf Durban.

Hierdie heerlike en pragtig toegeruste kothuis is gebou op stelte in 'n dam en bestaan uit 3 slaapkamers (2 hoof en-suite) en 1 privaat. Daar is 'n gesellige sitkamer met 'n kaggel vir die koue winteraande (of dae), 'n oopplan kombuis (sodat die kokke in die kombuis nie enige van die pret misloop nie) en 'n pragtige onderdak stoep, toegebou met blindings.

Die uitsig en die omliggende gebied is 'n prentjie van ware vrede en rustigheid. Dit word versterk deur die feit dat die huis heeltemal afgesonderd en eksklusief is.

Die huis is toegerus met 'n gasstoof en yskas. Ligte en kragpunte word aangedryf deur 'n afstandbeheerde kragopwekker.

Om by te dra  tot al die bogenoemde wonderlike eienskappe en kenmerke, bied die dam waarop die huis geleë is, groot bas en forel visvang geleenthede. Daar is 'n totaal van 6 toegeruste damme (waarvan 2 met forel & bas) op die plaas, wat almal beskikbaar is vir gaste in die huis.

Geen dagbesoekers word toegelaat op die dam as die huis beset is nie, om verdere eksklusiwiteit te verseker.

Daar is 'n bas boot beskikbaar en rubber bote met sneeker motors word toegelaat.

Ander aktiwiteite beskikbaar op die plaas sluit in stap, en voëlkyk.

Perdry is beskikbaar op 'n plaas in die nabyheid.

Die beroemde slagvelde van Rorke's Drift, Isandlwana en Bloedrivier is almal binne ongeveer 1 1/2 uur rit. Begeleide toere na enige van die Slagvelde kan georganiseer word namens gaste.

Die pragtige, gerestoureerde Maria Ratchitz Mission kerk en aids sentrum is 'n blote 16km weg. Besoekers is welkom om kerkdienste by te woon of net in die vreedsaamde en pragtig bewaarde tuine te wandel.

Fort Mistake, hang gliding lootsplek, is baie naby.

Daaglikse wild toere (voorwaardes geld) kan georganiseer word na Nambiti Conservancy, die tuiste van die Groot 5, en is slegs 30 km weg.

As jy nodig het om net weg te kom van die besige alledaagse stadslewe, is Thatcher’s Rest die plek daarvoor.

Fasiliteite
  • grootwild (minder as 30 km)
  • kaggel
  • meer op die terrein
  • visvang (minder as 3 km)
  • visvang op die terrein
  • wildritte (minder as 30 km)

Rigting aanwysings

Vanaf Ladysmith

Reis met die N11 in die rigting van Newcastle vir min of meer 40km. Neem die 2de Collingpass afdraai. Draai links op 'n grondpad, ry vir 8 km langs hierdie pad, draai regs by die Thatcher’s bord.

AANWYSINGS van Newcastle

Neem die N11 na Ladysmith vir min of meer 60 km en neem die 1ste

Collingpass grondpad afdraai op jou regterkant. Reis vir 8km langs hierdie pad, draai regs by die Thatcher’s bord.