Maak nie saak of jy lus is vir ‘n lekker familie vakansie, ‘n bietjie diep see hengel, ‘n potjie golf of om te gaan scuba duik op die wereld bekende rif, Protea Banks nie, daar is altyd iets om in Shelly Beach te doen. As jy eintlik net wil wegkom van alles en op jou stoep sit en staar na die see is die stoep van Summer Place no 19 net die plek vir jou. Jy sal waarskynlik dolfyne en walvisse in die branders sien baljaar!
WAAR IS SUMMER PLACE
Summer Place is ‘n kompleks omtrent 1 ½ tot twee ure se ry vanaf Durban se King Shaka Lughawe af en sowat 15 km vanaf Margate. Shelly Beach is ‘n stranddorpie aan die suidkus van Kwa-Zulu Natal, ‘n area wat bekend is vir sy warm water, goue strande en lekker warm sonskyn weer selfs in die winter.
UITSIG
Summer Place is op ‘n heuwel gebou, so selfs die eenhede op die grondvloer het ‘n pragtige uitsig. Sagte groen grasperke lei jou verby die swembad na die strand. Dit is sowat 250 tree en jou voete is in die sand!
DIE EENHEID
Summer Place no 19 het ‘n feitlik 180 grade uitsig vanaf die stoep, leef area en hoofslaapkamer. Jy maak jou koffie en kyk sommer hoe lyk die see vandag. Die eenheid kan 4 mense akkommodeer. Dit bestaan uit ‘n hoofslaapkamer met ensuite badkamer, ‘n tweede slaapkamer met twee enkelbeddens en ‘n tweede badkamer. Dan is daar ook ‘n pragtige kombuis, leefarea en ‘n heerlike stoep.
Die eenheid het ‘n tv met ‘n DSTV familie pakket. Die kombuis is ten volle toegerus en het ‘n skottelgoedwasser, gewone stoof en oond, airfryer en ‘n mikrogolf oond. Veilige parkering is beskikbaar spesifiek vir no 19 en is sommer reg voor die deur.
Summer Place het ook ‘n swembad met lekker braai areas en ‘n wassery met wasmasjien en tuimeldroeër.
SEKURITEIT
Toegang na die kompleks word beheer met jou eie sekuriteitsknoppie en wagte is op diens gedurende die nag en 24 uur tydens seisoen.
INKOPIES
Summer Place is binne stapafstand van die Spar en die Shelly Shopping Centre wat aan meeste van jou behoeftes sal voldoen. Die Hibiscus Mall is slegs 3 km ver, en die Wilde Kus Casino slegs 35 minute!
SWEM
Die suidkus van Kwa-Zulu Natal het baie mooi strande, baie van hulle selfs met Blue Flag status. Jy kan in the compleks se swembad swem of reg voor die kompleks in die gety swembad of in die see. (Geen lewensredders). Die naaste swemstrand is St Michaels, 4 km padlangs of n lekker stappie strand langs. ‘n Mens kom gou agter waar Shelly Beach se naam vandaan kom want daar is duisende perfekte klein skulpies op die strand met baie rotspoele om te ontdek.
HAWE
Die Sonny Evans Small Craft Harbour is direk langs die kompleks en dit is van hier wat jy’n bootrit kan neem om te gaan duik, visvang of dolfyne kyk.
GOLF
Kwa Zulu Natal se suidkus is ‘n golf speler se droom met heelwat professionele golfbane.
RESTAURANTE
Die suidkus van Natal het van die beste restaurante, baie met ‘n pragtige see uitsig.
Shelly Beach Selfsorg Vakansie Woonstelle • Shelly Beach Selfsorg Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!
