Ons Gaste – Ons Vriende

Dit is ons leuse en ons lewe daarvolgens! 

Rustic Butler is sedert 2009 in besigheid en ons sien uit daarna om julle te akkommodeer.  Gedurende die afgelope jare het ons verbeter, moes improviseer, het uitgebrei en het doodeenvoudig net beter geword.

Covid-9 het ons genoodsaak om baie veranderinge aan te bring.

Ons sal ons bes doen om ‘n veilige en ‘n higiëniese verblyf te voorsien.  Ons het al die nodige stappe geneem om die verspreiding van die virus te minimaliseer en om ons gaste te beskerm.  U gesondheid is belangrik vir ons!

Ons sal teen Mei gereed wees om gaste te akkommodeer.

Die virus sal nie oornag verdwyn nie en daarom bied ons ons gaste die volgende:

Ontbyt

Ontbyt sal nie meer in ons gemeenskaplike eetkamer bedien word nie maar direk op die tafel buite elkeen van die kamers.  Die manier van bediening sal voortduur totdat dit veilig is om weer terug te keer na die eetkamer.

Aandete op aanvraag

Ons gaste het almal hul eie smaak in voedsel en daarom kook ons graag ‘n aandete spesifiek volgens hul smaak terwyl hulle rustig kan ontspan in ons 4-ster fasiliteit.

Sodra dit veilig is, sal ons die gaste weer nooi om saam my in die kombuis te gesels oor ‘n glasie wyn terwyl ek besig is met aandete.

Rustic Butler is perfek geleë in ‘n residensiële woongebied van Witrivier.  Ons is nie net binne bereik van Kruger Nasionale Wildtuin, Blyde Rivier “Canyon”, en die warm waters van Maputo nie, maar ook naby die besige stad, Nelspruit.  Riverside en Ilanga winkelksentrums met hulle verskeidenheid winkels, restuarante en flieks is net 12 tot 18 km weg.   Casterbridge het ‘n bekoring van sy eie.

Witrivier is ‘n Mekka vir kunstenaar soos Zakkie Eloff en Esias Bosch.  Die adrenalien verslaafdes moet definitief kontak maak met ‘Induna Adventures’.  Die groep neem jou vir ‘n volgepakte dag met Big Swing in Graskop (40 km), ), river-rafting, zip-lining, kloofing to geckoing.  ‘n Lokale maatskappy offer ook dag-safaries na die Kruger Nasionale Wildtuin, Panorama roete en speel ook Uber vir gaste na partytjie plekke.

Sudwala grotte is ongeveer 40 km weg. Die gaste die grotte gaan besigtig en kan agterna die Dinousourus park gaan besoek.  Kaapsehoop is bekend vir hul wilde perde en soms kry die oulike klein dorpie sneeu in die winter. Nog ‘n wonderlike ondervinding is om Chimp-Eden net buite Nelspruit te besoek.

Witrivier is baie gewild vir die verskeie kultuur en sport feeste wat gedurende die jaar hier plaasvind.

Ons spog met Innibos, Panorama, Jock en Uplands Festival.  Die skole in die omgewing, Rob Ferreira Hoërskool, Witrivier Laerskool, Flamboyant, Penryn, Curro, Nelspruit Hoërskool, Bergvlam, Lowveld High, Nelspruit Laerskool en Laeveld Akademie is almal bekend daarvoor dat hulle rugby-, hokkie-, netbal- en krieketweke.  Bergfiets wedrenne en staproetes is ook nog aktiviteite wat hier aangebied word.

Ons dorpie is baie geseënd met uitstekende restaurante soos Picasso, Magnolia, Oliver’s, Gumtreez, Loose Mongoose, Zannas, Zip en 24 on Coolmore.

Ons hoop om julle gou te sien.
 

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • Tourism Grading - 4 Stars
Fasiliteite
  • Dinner on request
  • films / teater (minder as 5km)
  • gediens
  • internet fasiliteite
  • lughawe (minder as 15km)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • tee / koffie fasiliteite
  • tuimeldroër
  • wasgeriewe (minder as 2 km)