Bly Plekke Logo

Oshikoto

OorsigVerblyf
Elephant in Etosha water hole © Erwin T, License

Oshikoto

Die Etosha Nasionale Park is die Suidelike grens van vier van Namibië se 14 streke. Hierdie gebied was eers bekend as Owamboland. Die vier streke wat plaaslik bekend is as die 4 O-streke sluit Oshikoto, Oshana, Ohangwena en Omusati in. Hierdie streke lê almal in die Noorde van die land. Oshikoto het 'n bevolking van meer as 182000 inwoners en die hoofbron van sy ekonomie word voorsien deur aktiwiteite soos landbou, beesboerdery en mynbou. Oshikoto is een van slegs 3 Namibië se streke wat nie 'n kus of 'n landsgrens het nie.

Die hoofstad van die Oshikoto streek is Omuthiya wat gerieflik naby die bekende Etosha Nasionale Park geleë is. Hierdie park is een van die land se gewildste toeriste aantreklikhede. Toeriste in hierdie streek word aangemoedig om ook die streek se vorige hoofstad, Tsumeb te besoek ter wille van sy baie aktiwiteite en aantreklikhede. Hiervan is die Tsumeb-museum wat uitstekende voorstellings het van die area se skaars minerale en mynbou-geskiedenis en ook die Boesman- en Himba se prehistoriese werktuie. Die kuns en handwerksentrum verkoop die plaaslike inwoners se handwerk- en kuns-artikels. Die Tsumeb Kultuurdorp, geleë by die Suidelike ingang van die dorp is 'n gemeenskaps-projek wat bestaan uit 'n opelug-museum wat aan die besoekers 'n kykie gee van die landelike lewe in Namibië se stamme. Die hoofraam van die ou De Wetskag staan nou langs die hoofstraat van Tsumeb by die Old Mine-uitstalling. Hierdie myn het vir meer as 50jaar geproduseer en het produksie in 1996 gestaak omdat die rif uitgewerk was. Die Otjikoto-meer lê ongeveer 20km Noord-Wes van Tsumeb en is 'n geheimsinnige sinkgat in wie verskillende oorlogtoerusting en wapentuig, insluitende geelkoper-kannone gegooi is deur die Schutztrupe. Dit was gedoen om te verhoed dat die Britse troepe dit in die hande kry. Baie van hierdie wapentuig is herwin en word in die Tsumeb museum vertoon. Meer Guinas lê ongeveer 32km Noord-Wes van Tsumeb, verby die Otjikoto-Meer. Hierdie meer bevat die vis-soort, tilapia guinasana, wat endemies in hierdie meer is maar onlangs ook oorgeplaas is na die Otjikoto-Meer. Die Hoba meteoriet terrein is omtrent 75km Suid-Oos van Tsumeb geleë en is die rusplek van 'n bekende rotsblok wat ge-ag word as die swaarste metaalagtige meteoriet wat op die aarde gevind is. Op hierdie terrein is daar ook 'n kiosk wat koeldranke en peuselhappies verkoop, ook 'n ideale plek vir piekniek.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 0 van 0 eenhede
Kaart verkennings
Listings

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2025 blyplekke_live
Oshikoto Verblyf en Inligting. Oshikoto, Oshikoto.