Bly Plekke Logo

Kavango

OorsigVerblyf
Kavango Dorpe
 
A simple setting in rural Kavango  © Ana Raquel S. Hernandes, License

Kavango

Deur baie beskryf as die mooiste streek in Namibië, is die Kavango in skrille kontras met die res van die streke. Hierdie kontras is te danke aan die Okavango-rivier met sy vloedvlaktes, wat hierdie streek baie groener maak as die res van die land. 'n Uitstaande kenmerk van die gebied is die groot dele met hoë bome, digbegroeide rivier-oewers, vloedvlaktes en riet-omlynde kanale. 'n Groot verskeidenheid voëls en diere het hierdie plek hul tuiste gemaak a.g.v die verskille in habitat. Daar is selfs sommige spesie wat nêrens anders voorkom nie. Die Okavango-rivier is deel van die natuurlike grens tussen Namibië en Angola vir meer as 400km. Dit is 'n lewensaar vir die mense in Kavango. Hulle lewe van visvang, kweek van mielies, sorgum en manna en boer ook met beeste.  Die mense van Kavango bestaan hoofsaaklik uit 5 stamme, elkeen met 'n tradisionele kaptein en word ondersteun deur die tradisionele hoofmanne. Soos die meeste dele van Namibië, is die Kavango ook ylbewoon met sy totale 44000km² vir slegs 120000 inwoners. Alhoewel dit gelykstaande is aan die lae syfer van drie inwoners per vierkante kilometer is dit tog meer as die nasionale gemiddelde. Die gemeenskappe van Mbikishi, Sambiyu en Caprivi is bekend vir hulle hoë kwaliteit hout-kerfwerk, soos beelde van diere, maskers, houtbekers, kieries, driebeenpotte, en kiste. Hierdie artikels word uit dolfhout en hardehout gekerf en is pragtige aandenkings.

Die Kavango-streek is die tuiste van die wilde en hoofsaaklik, swak ontwikkelde Khaudum Wildpark. Die park is gestig ter wille van bewaring en nie as 'n finansiële ontwikkeling nie. Khaudum word min besoek, waarskynlik as gevolg van sy swak infrastuktuur, maar nieteenstaande kan hulle wat soek na avontuur, nie verder soek as hierdie juweel van die Kavango nie. Dit word gesê dat daar meer olifante in die park is as besoekers. Dit is presies wat sommige mense graag wil hoor, veral hulle wat gewoond is aan die groter en meer bekende Nasionale Parke. Khaudum is omtrent 384000 hektaar groot en alhoewel dit nie omhein is nie, is dit die tuiste van diere soos wildsbokke, olifante, zebras, wildehonde, leeus, luiperds as ook 320 verskillende voëlspesies.

'n Ander stilhouplek wat die moeite werd is in die Kavango, is in Sambiu, net Oos van Rundu wat die hoofstad van die Kovangostreek is. Die Rooms Kateolieke Sending-museum vertoon handwerk en hout-kerfwerk vanaf Angola en Kavango. Besoekers word egter aangeraai om eers telefonies te skakel en 'n afspraak te maak, anders kan jy 'n kans neem en gedurende die daglig daar stilhou.

De Kavango-streek is 'n malaria-gebied en besoekers moet deeglik voorsorg tref voor hulle hierdie gebied besoek.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 2 van 2 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Kavango Verblyf en Inligting. Kavango, Kavango.
WTS App Browser