Get it on Google Play
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 70 Main Road,, , Kei Mouth,, , Eastern Cape
Kontak : Peter Goetsch
Tel : +27-39-6846355
Sel (1) : +27-82-8934301
Sel (2) : +27-82-4580815 Allison

Die huis is 'n privaat vakansie huis in Kei Mouth (80km Noord van Oos-Londen en toeganklik deur ‘n teerpad) met 4 slaapkamers. Dit word deur die eienaars gebruik en gaste word versoek om dit te hanteer asof dit hul eie is en die tyd geniet om te ontspan.Dit kan met gemak 8 volwassenes akkommodeer, maar het slaapplek vir 10.

Die hoofkamer is bo met sy eie badkamer wat bestaan uit ‘n jetted bad, stort, wasbak en toilet. Dit het 'n dubbelbed, vanity, klerekas en privaat sondek. Twee slaapkamers is op grondvlak. Een het 'n dubbelbed en die ander 'n dubbel / enkel kombinasie stapelbed. Almal het kaste. Grondvlak badkamer met bad en stort en wasbak met ‘n aparte toilet. Onderste kamer het aparte toegang en ‘n badkamer met ‘n stort, bad, toilet en wasbak. Dit het drie enkelbeddens. Sitkamer en eetkamer is oopplan. Die kombuis en waskamer is apart en daar is 'n wasmasjien. Daar is 'n yskas en vrieskas, mikrogolf, stoof en oond, alle klein toestelle, eetgerei, breekware ens.

'n Gemaklike sondek met stoele en 'n aparte 8 sitplek eetkamertafel is perfek om te ontspan. Die dek kan in alle weersomstandighede gebruik word, want dit is toegerus met afslaan blinders en is onder ‘n afdak. Die erf het ‘n muur rondom met ‘n skuifhek. Die motorafdak is nie beskikbaar nie.

Die strand is 'n kort afstand van die huis (150m) Daar is restaurante binne loopafstand en 'n Savemore supermark verder op in die pad. Daar is 'n pont wat voertuie oor die rivier na die Transkei neem. Kei Mouth is nog 'n outydse vakansie dorp en dit is veilig om ongehinderd te stap en te hengel. Baie voëllewe te sien en aktiwiteite soos rolbal, tennis, gholf, perdry, stap en visvang. Buiteklub ens. is baie naby.

  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag EFT / Geld Oordrag
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
Bladsy Statistieke
3462 besigtings sedert 28 Sep, 2016.
Laas opgedateer op 04 Oct, 2018.

Listed on WhereToStay.co.za for 2 years

Pumula Kei verskyn in die volgende afdelings:

Kei Mond Selfsorg Huis / Kothuis VerblyfKei Mond Selfsorg Akkommodasie