Hierdie luukse selfsorg-woonstel met drie slaapkamers is ten vole gemeubileerd en naby al die geriewe in Centurion, op die hoek van Von Willigh- en Lenchenlane geleë, en is naby die Krugersdorp (N1)-snelweg wat dit 'n baie gerieflike en veilige bestemming vir alle toeriste, sakemense en gesinne maak. Hierdie eenheid is in 'n veiligheidskompleks geleë, met beskutte parkering, indien u nie van die motorhuis, wat deel van die eenheid is, gebruik wil maak nie.

Die eenheid is 1km weg van die Centurion-inkopiesentrum, bioskope en stapafstand van die Supersport-krieketstadium, 2km vanaf Unitas Hospitaal en 35km van O R Tambo-lughawe. Sandton, Pretoria en Johannesburg se middestad is almal binne 'n radius van 35 minute.

Die eenheid het die volgende:

3 Slaapkamers:
Slaapkamer 1: 1 Dubbelbed, spieël, voetstuk
Slaapkamer 2: 1 Dubbelbed, spieël, voetstuk
Slaapkamer 3: 2 Enkelbeddens, spieël, voetstuk

Woonkamer:
Die eenheid is toegerus met 'n 30-kanaal DSTV, TV.

Kombuis:
Die kombuis is ten volle toegerus met 'n ys/vrieskas kombinasie, 'n mikrogolfoond, stoof en al die ander kombuisgeriewe.

Badkamer 1:
Bad
Toilet
Wasbak

Badkamer 2:
Stort
Toilet
Wasbak

Stoep:
Toegerus met 'n tafel en ses stoele

Tuin:
Die tuin word deur 'n tuindiens versorg en is veilig beskut vir kindertjies om in rond te speel

Motorhuis:
Die eenheid het 2 toesluit-motorhuise

Die pryse sluit die volgende in:

  • Skoonmaakdiens van die eenheid, behalwe publieke vakansiedae en naweke (beskikbaar op versoek)
  • Handdoeke en beddegoed word voorsien
  • 'n Vere-duvet op elke bed (ekstra komberse is beskikbaar)
  • DSTV
  • Wasgoed kan op die perseel gedoen word teen pryse soos gekwoteer


Dinge om in die omgewing te doen:

  • Rietvleidam & Natuurreservaat is 10 km weg
  • Smutsmuseum
  • Irene-melkery
  • Ceturion-krieketstadium (stapafstand)
  • 3 Gholfbane (Zwartkop, Irene en Centurion Gholflandgoed)
  • Centurion-inkopiesentrum
Fasiliteite
  • braai
  • DSTV in eenheid
  • films / teater (minder as 5km)
  • Golf (minder as 5km)
  • grootwild (minder as 30 km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • lewendige vermaak (minder as 3 km)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • meer (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parking off-site
  • restaurant (minder as 5km)
  • tee / koffie fasiliteite
  • tuimeldroër in eenheid
  • wasmasjien in eenheid
  • wildritte (minder as 30 km)

Rigting aanwysings
GPS Koördinate:

S 25° 51" 115'
O 28° 11" 761'