Paradise Holiday Resort

Vakansieoord Akkommodasie In Southbroom

Paradise Holiday Resort, 2km verby Southbroom, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

Hierdie pragtige oord is hoog geleë, wat ‘n pragtige uitsig oor die binneland en die see tot gevolg het. Die oord is geleë tussen Southbroom en Margate met 'n verskeidenheid van pragtige strande in die omgewing.

Paradise Resort is gegradeer as "AA Hoogs Aanbeveel". Dit waarborg jou en jou gesin 'n goeie standaard van akkommodasie. Paradise Resort spog met 8 Luukse Hout hutte “Log Cabins” en 16 Plettenberg chalets. Daar is een slaapkamer en twee slaapkamer eenhede, almal ten volle toegerus, en word daagliks gediens, met die uitsondering van Sondae en openbare vakansiedae. Bring asseblief jou eie bad en swem handdoeke. Alle hout hutte het  satelliet-TV, bring asseblief jou eie dekodeerder en “smart” kaart. Geen troeteldiere word toegelaat in die chalets en hout huisies nie.

Die oord het 36, 3 ster gegradeerde, uitstekende karavaan staanplekke,met elektrisiteit, gras beplant, onder manjifieke inheemse koelte bome. Klein troeteldiere word toegelaat slegs buite seisoen. Ablusiegeriewe is silwerskoon met deurlopende warm water.

Paradise het 'n verskeidenheid ontspannings-geriewe, wat die volgende insluit:

‘n Swembad, kinder- swembad, trampolines, vlugbal, “buite” skaak, snoekertafels, tafeltennis, speletjies kamer en TV kamer. Daar is ook 'n snoepie en ‘n wassery.

Hierdie natuurlike omgewing,is tot barstens toe vol met ‘n pragtige voëllewe. Ideaal vir vrede en rustigheid. Paradise Resort is alles wat jy sou verwag.

Die omliggende gebied bied baie vir ons besoekers:

15 Minute na die Wildekus Casino.‘n Keuse van pragtige strande, insluitend 'n Blou vlag strand in die nabyheid. Krokodil en slang plaas. Voël park en vlinder plaas. Natuur en staproetes. Oribi Gorge met “absailing” en water vlotry (“rafting”). Perdry. n Keuse van ten minste 5 Gholfbane binne 'n paar minute se ry. Rolbal en tennis by Southbroom ongeveer 3km. Beaver Creek Coffee Farm. Paradise huisves baie gholf groepe, motiverende konferensies, ens. Spyseniering vir groepe op versoek. Ons spesialiseer in spitbraai.

Kontak ons asseblief vir pryse en die oord se reëls en voorwaardes.

Aanwysings:

Volg die Tolpad na Port Edward. Gaan voort deur die verkeersligte by Southbroom. 2Km vanaf die verkeerslig op die regterkant, is Paradise Resort.

Toekennings / Lidmaatskap soos deur Instelling

AA Hoogs Aanbeveel Akkommodasie Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika *** (3-ster gradering)

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • AA Highly Recommended