Mokoya Lodge & Sweet Thyme Restaurant is 'n eksklusiewe gastehuis geleë in die hart van die Hekpoortvallei, halfpad tussen Magaliesburg en Hartbeespoortdam. Met slegs een uur se reistyd van beide Pretoria en Johannesburg, is hierdie gastehuis die ideale plek vir 'n romantiese Wegbreek, familie-uitstappies, joga, suiwering- & gesondheids-terapie, sowel as vir huwelike, funksies en gesamentlike byeenkomste.

Ons spog met 27 hektaar Afrikabosveld met 'n oorvloed fauna, flora en wildlewe. Ons doel is om 'n onvergeetlike ervaring aan ons gaste te bied met bekostigbare verblyf in 'n bekoorlike, landelike omgewing. Geleë tussen kleurvolle tuine, bied Mokoya 19 kamers met 'n uitsig op die skouspelagtige Magaliesburgse bergreeks. Al die kamers het privaat badkamers met tee- en koffiemaak-geriewe. U kan ook kies tussen stelle van drie kamers en twee gesinskamers.

Deur gebruik te maak van moderne kookkuns, bied die Sweet Thyme Restaurant besonderse smaaklike disse van die vars, plaaslik-geproduseerde produkte. Die etes word bedien volgens die tradisie van die omgewing. Ons bied 'n wye keuse van spesiale privaat- en tradisionele geregte, geroosterde vleisgeregte, vissoppe, slaaie, ens.. Om die dag af te sluit kan u 'n skemerkelkie geniet op die terras met 'n uitsig op die berge.

Die gastehuis het'n pragtige swembad, vlugbalbaan, bergfietsrybaan op terrein en wandelpaaie langs die rivier, asook 'n verskeidenheid ander vermaaklikhede soos 'n  pooltafel, veerpyltjiebord en 'n grootskerm DStv. Die Hekpoortvallei bied ook meer fisiese vermaaklikhede soos 4-wiel motorfietsbane, kaskarre, perdritte, zip lining, wildritte, en vele meer.

Ons bied aan die avontuurlustige waaghals ook'n basis vir ander geleenthede in die omgewing soos:

  • Warmlugbalonne
  • Piekniek (Vooraf bespreking en nie vir dagbesoekers nie)
  • Spa-behandelings (binne of buite die terrein)
  • Magalies treetop canopy tours / Zip Lining
  • Kransklim
  • Ab-seiling/kloofing
  • Via Ferrata
  • Perdritte
  • Muggievliegtuie
  • Staproetes
  • Wildbesigtiging by nabygeleë plase
  • Gholf - Pecanwood, Magaliespark en Brits
  • Skouspelagtige ritte op die Kronkelende Magaliesroete
  • Kunsvlytmarkte en -winkels
  • Kunsvlieghengel (buite terrein)
  • Magalies "Express" Trein
  • Maropeng - Wieg van die Mens
Fasiliteite
  • buite swembad
  • DSTV in kommunale gebied
  • internet fasiliteite
  • kaggel
  • lugversorger (sommige eenhede)
  • natuurroete op die terrein
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • restaurant op die perseel
  • tee / koffie fasiliteite