Hierdie pragtige huis is geleë op 'n rant met ‘n asemrowende 360 grade uitsig oor die Drakensberge en die golwende heuwels van die Middellande.

Die huis is lig, ruim en lugtig, maar warm en knus in die winter, met ondervloerse verhitting en 'n houtkaggel. Dit is gerieflik gemeubileer met moderne geriewe, insluitende 'n platskerm TV met DSTV, en WiFi.

Daar is 4 slaapkamers waar 14 mense geakkommodeer kan word as volg:

Slaapkamer 1 - 1 x Koning grootte bed

Slaapkamer 2 - 1 x Koning grootte bed

Slaapkamer 3 - 4 x Enkelbeddens

Slaapkamer 4 - 4 x enkelbeddens en 1 x Slaapbank vir 2 persone.

Mission House is net 6 km vanaf die N3, in die hart van die bekende Midlands Meander - 'n kronkelende kuns en kunsvlyt roete met 'n verskeidenheid attraksies, en baie fantastiese kafees en restaurante. Die Nelson Mandela Capture Site en museum is naby, ook Midmardam vir visvang, bootry en waterski. Daar is ook verskeie gholfbane, perderoetes, en pragtige inheemse woude vir voël besigtiging en stap in die area.

Die huis is stil en rustig, alhoewel die hoofpad naby geleë is. Dit is ideaal vir groter groepe, families en vriende, wat op soek is na ‘n wegbreek tydjie in die pragtige KZN Midlands.

Fasiliteite
  • bergfietsry
  • haardroër
  • braai
  • DSTV in eenheid
  • dubbel garage
  • elektriese komberse
  • fietsroetes
  • internet fasiliteite
  • kaggel
  • kinder oppas diens
  • kombuis (volledig toegerus)
  • linne en handdoeke voorsien
  • mikrogolf in eenheid
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • stoof in eenheid
  • tee / koffie fasiliteite
  • toesluit motorhuis
  • Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.
  • tuimeldroër in eenheid
  • verwarming
  • vloerverwarming
  • wasgeriewe
  • wasmasjien in eenheid
  • wi-fi / hotspot
  • yskas in eenheid