ONS HUIS IS JOU HUIS
Mi Casa Su Casa is selfsorg kothuise geleë in 'n prag ruike area wat meestal omring word deur ongerepte struike, bome en voëllewe, met 'n kalmerende see uitsig vanuit die eetkamer en vanaf die stoep.
Daar is 2 aparte kothuise te huur:
Albei kothuise is oopplan met 'n kombuis en eet area. Daar is 'n eetkamertafel, yskas, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien, mikrogolfoond, ketel en eetgerei.
Plafonwaaiers in die slaapkamers. (Beddegoed en badhanddoeke word voorsien).
Nabygeleë Besienswaardighede
Van die mooiste strande in die omgewing binne 'n 10km radius van die kothuise:
De kothuise is slegs 3 minute se ry vanaf Mac Banana waar jy die beste pannekoek ooit kan eet. Hulle het ook die beste plaasstalletjies in Suider-Afrika en daar is soveel dinge om te doen soos verf-bal, zip-line, vierwiel-motorfiets roetes en soveel meer.
As jy 'n koffie-liefhebber is, sal jy aangenaam verras wees om te hoor dat ons 2 baie gewilde koffie plase in ons area het, nie ver van waar ons geleë is nie. Mpenjati Koffiewinkel & Plaas-stalletjie en Beaver Creek Koffie plaas waar jy 'n kuier-tot-koppie-koffie-toer kan geniet.
Vir die kleingoed en motor-entoesiaste is daar die Munster Motor museum ongeveer 5 km weg en om alles te kroon is die Wild Coast Sun net 15 minute se ry weg vanaf Mi Casa Su Casa. Daar kan jy die dag by die waterpark deurbring en as jy moeg is vir die son, kan jy 'n potjie ten-pin bowling speel.
Daar is ook 'n groot verskeidenheid kroeë, restaurante en koffie winkels in die nabye omgewing.
GERIEWE:
Enduro-uitstappies in die veld is beskikbaar. Kontak asseblief Mi Casa Su Casa vir verdere inligting.
Ons doen alles in ons vermoë om te sorg dat U hartlike gasvryheid by ons ervaar, 'n onvergeetlike besoek sal hê en ons strewe na voortdurende verbetering in ons diens en U ervaring. Ons strewe daarna om ons gaste tuis te laat voel, en dis dan ook die rede waarom ons die naam Mi Casa Su Casa is - wat beteken ons huis is jou huis.
Palm Beach Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Palm Beach Pet Friendly Accommodation • Palm Beach Sleeps 10 or More Accommodation • Palm Beach Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!