Martinique 41 is geleë in ‘n lieflike strand kompleks in Shakas Rock. Die kompleks is ‘n kort loopafstand met ‘n paaidjie, na die Shakas Rock hoofstrand, Thompson’s Bay. Thompson’s Bay is ‘n swemstrand met lewensredders.

Die eenheid is op die eerste vloer en het ‘n pragtige seeuitsig vanaf ‘n private balkon. Dit het ‘n oopplan kombuis met al die toerusting wat jy sou nodig hê. Daar is ‘n oond/stoof, yskas/vrieskas, skottelgoedwasser, wasmajien, tuimeldroëer en mikrogolf asook eetgerei en breekware vir vier gaste.

Daar is twee slaapkamers met koningin grootte beddens asook dak waaiers. Die eenheid het twee badkamers. Een is aan die hoofslaapkamer met bad en stort. Die tweede badkamer het ‘n stort.

Die sitkamer area het gemaklike leerbanke, tv en dstv. Die sitkamer en twee kamers het skuifdeure wat uitloop op ‘n groot balkon.

Die kompleks het ‘n groot gemeensaplike swembad wat ten volle omhein is met braai geriewe. Toegang na die kompleks toe is deur ‘n afstandbeheerde hek en daar is ook twee wagte in die aand.

Daar is skoonmaakdienste beskikbaar behalwe op Sondae en publieke vankansiedae.

Linne word verskaf maar bring asb. jou eie bad en swemhandoeke.

Ons Is naby uitstekende restaurante . Daar is ‘ groot verskeindenheid winkels naby die kompleks. Die nuwe Junction Mall het winkels vir enigiets wat jy sou nodig hê. King Shaka Internasionale lughawe is minder as twintig minute se ry van die kompleks af.