Marloth Kruger Whispering Ants

Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf In Marloth Park

Marloth Kruger Whispering Ants is 'n pragtige vakansie huis in die Marloth Park Conservancy (Bewarings area), wat aan die Kruger Nasionale Park grens, en geskei word deur die Krokodil rivier. Die huis het 'n elegante, rustieke voorkoms en word omring deur bosveld, voël-  en dierelewe veroorsaak rustigheid en privaatheid.

Die huis is ten volle toegerus en het drie en- suite slaapkamers,’n ruim sitkamer en eetkamer,’n ten volle toegeruste moderne kombuis, en 'n ruim TV sitkamer met volle DSTV. Buite fasiliteite sluit in 'n ruim stoep met eetkamer, braai area omring deur 'n boma, en 'n swembad.

Die huis is 'n kort loop afstand van die Krokodil rivier, met verskeie uitkyk punte, van waar ‘n mens ‘n uitsig in die Kruger Park kan geniet, met ‘n skemerkelkie in die hand, of net stap en die oorvloedige dier- en voël-lewe geniet .Jou kanse om een van die Groot Vyf in die rivier bedding te sien is uitstekend.Jy kan ook 'n fiets huur of bring en op die paaie om Marloth Park, of langs die rivier ry en die wild dophou.

Die Krokodil brug ingangshek in die Kruger Park is net 14 km weg en jy kan self ry en dag uitstappies in die Kruger onderneem. Daar is ook verskeie maatskappye wat dag uitstappies in oop safari voertuie in die Kruger doen. Begeleide voël besigtiging en natuur- staproetes, wat ideaal is om meer te leer van die bosveld- en diere lewe, is ook beskikbaar.

Marloth Park het twee klein winkelsentrums,  met kruideniers winkels, slaghuise, drankwinkels, “delicatessens”, wasserye, 'n koffie winkel, geskenk winkels en 'n internet kafee. Daar is ook vyf goeie restaurante waar jy goeie etes kan geniet. Twee lodges bied spa-behandelings en masserings.

Marloth Park is ook naby aan ander toerisme aantreklikhede soos die Panorama roete, Swaziland en die Makhonjwa Geotrail, wat is 'n voorgestelde wêreld erfenis gebied is.

Lughawe oordrag kan gereël word.

Fasiliteite
  • buite swembad
  • kluis
  • natuurroete op die terrein
  • parkering op die terrein
  • private swembad (sommige eenhede)
  • spa-geriewe
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wildritte op die terrein