Get it on Google Play

LugkasteelEnglish

  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeĆ« kennisgewings

Lugkasteel
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 26 Versveld Street
Yzerfontein
West Coast
Western Cape
South Africa
Kontak : C.P. Herbst

Lugkasteel is geleë in die skiereiland van Yzerfontein ('n klein dorpie naby Kaapstad) waar die natuur die vermaak verskaf.

Hier kan u die lewe van die Weskus se rustige terug-sit geniet - kyk na die vrolike baljaar van die walvisse uit die gerief van u gemakstoel, of na bokke, fisante en tarentale wat u tuin besoek. Gedurende die lente ontplof die natuur in 'n kleurvolle vertoning van verruklike veldblomme.

Eindelose, onbesoedelde strande verskaf uitstekende stap-geleenthede terwyl die onophoudelike rollende golwe uitstekende brander-ry toestande skep (spesiaal vir die  beginners, maar ook 'n uitdaging vir die profesionele ryer met hoog-gety).

Indien u van seekos hou is dit die moeite werd om 'n lisensie te bekom om wit en swart mossels uit te haal, ook kreef, perlemoen en arikreukel. Anders, geniet dit in een van die restaurante. U sal ook daarvan hou om die klein hawe te besoek om die kleurvolle toneel (en taal) van die vismark te geniet, waar hulle die dag se vangs teen verbasende lae pryse, verkoop.

Aan die einde van die dag kan u die son soos 'n rooi bal, reg voor u sien ondergaan, met meer as 180° uitsig oor die Atlantiese oseaan.

Die Huis:
2 Dubbel slaapkamers. 1 Enkel slaapkamer. 2 Badkamers & gastetoilet. Woonkamer bo met 'n pragtige uitsig op die see. 'n Eetvertrek, ook bo, met 'n binnenshuise kaggel/braaigerief. 'n Ruim kombuis/eetkamer. 'n Dubbel motorhuis. Slaapplek vir 5 volwassenes.
Verblyf: Na 14h00
Vertrek: Voor 10h30

Verken Yserfontein:
20 km Ongerepte strande. Koop die oggendvangs se snoek by die vismark. Besoek die naby-geleë veldblom-reservate.
Restaurante: Meeurots, Veldkombuis, Strande. 50 Min vanaf Kaapstad. 15 Min vanaf die Kuns-sentrum van Darling (Evita's Perron). 30 Min vanaf Saldanha.

  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag EFT / Geld Oordrag
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Eienaar Taalopsies
  • Afrikaans
  • English
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Self catering house (Slaap 5) x 1
    • Slaapkamer 1 - dubbel
    • Slaapkamer 2 - enkel
    • Slaapkamer 3 - enkel, enkel
  • Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • braai
  • DSTV in kommunale gebied (bring card)
  • kaggel
  • kombuis (volledig toegerus)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • parkering op die terrein
  • radio in die kamer
  • restaurant (minder as 5km)
  • rolbal (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • visvang (minder as 3 km)
  • walviskyk op die terrein
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien op die terrein
  • wildritte (minder as 30 km)
Naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
91855 besigtings sedert 13 Aug, 2002.
Laas opgedateer op 19 Jun, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 14 years

Lugkasteel verskyn in die volgende afdelings:

Yzerfontein Selfsorg Huis / Kothuis VerblyfYzerfontein Selfsorg Akkommodasie