Bly Plekke Logo
  • 1 of 8
    1/8 - Impala Chalet
  • 2 of 8
    2/8 - Partridge Chalet
  • 3 of 8
    3/8 - Warthog Bushcamp
  • 4 of 8
    4/8 - Guineafowl Chalet
  • 5 of 8
    5/8 - Insider Partridge Chalet 1
  • 6 of 8
    6/8 - Inside Partridge Chalet 2
  • 7 of 8
    7/8 - Inside Warthog Bushcamp
  • 8 of 8
    8/8 - Inside Guineafowl Chalet
  • 1 of 8
  • 2 of 8
  • 3 of 8
  • 4 of 8
  • 5 of 8
  • 6 of 8
  • 7 of 8
  • 8 of 8
*Vanaf R300
Per persoon per nag (wat deel)
*Tariewe kan verskil volgens seisoen/aantal mense
 SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeë kennisgewings Wys Tariewe Beskikbaarheidskalender English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres:Erica Street Plot 71, Bon Accord Agricultural Holdings, Pretoria / Tshwane, Gauteng, South Africa
Kontak:Riekie & Andre
Fax  :086-6650003
Cell (1) :+27-83-2408650
Cell (2) :+27-83-2850580

Betalings Opsies
  • Sorry, Credit cards not accepted Sorry, Credit cards not accepted
Spesiale Kategorieë
  • Meer As 10 Gaste Verblyf
Bladsy Statistieke
78185 besigtings sedert 19 Jul, 2005.
Laas opgedateer op 22 Jan, 2024.
First year listed on WhereToStay.co.za

Ons geriewe:

Little Bushveld is selfsorg berghutte, baie privaat, ideaal vir daardie rustige en kalm lewenswyse.

Slegs 18km vanaf Pretoria se middestad is hierdie juweel van werklik ongerepte bosveld, waar u wakkker word met die oggend-roepe van die rooiborslaksman, tarentale en bospatryse. Weggesteek tussen doringbome aan die einde van 'n doodloop-straat, waar u vrede en rustigheid sal ervaar, wat nie maklik so naby 'n groot en moderne stad te kry is nie.

Gevestig op 'n plot met twee grasdak, selfsorg/bed & ontbyt berghutte wat die gemak en gerief van u eie huis aanbied. Elkeen het 'n toegeruste kombuis met eie badkamer, skadukolle om te ontspan en/of om vleis te braai.

Ons het ook 'n "boskamp" met die basiese, maar goeie geriewe, om die bos-atmosfeer te beklemtoon. Hier word u gewaarborg van 'n bos-ervaring wat nie naby 'n groot, moderne stad bekend is nie. Dit het ook 'n klein privaat badkamer vir gebruik in die nag, met 'n stort buite in 'n boma, onder 'n groot doringboom. Dit bied 'n unieke buitelug stort-ervaring - baie privaat - tog sal die voëls in staat wees om alles te sien.

'n Baie stil en veilige omgewing, beskerm deur 'n elektriese omheining. Skaduryke en veilige parkering word voorsien.

Ons geriewe is vir hulle wat wil wegkom van die gejaagde moderne lewe. Vir hulle wat hou van die rustigheid en kalm lewe wat net die bosveld kan bied.

'n Baie ontspanne tyd is beslis 'n belofte!

Ons berghutte is toegerus vir selfsorg. Om u privaatheid te alle tye te verseker, moet u die eenhede self diens.

Guineafowl Chalet (4 persone):

  • 'n pragtige en ruim 7m x 4m enkel grasdak-berghut.
  • Gemeubileer met antieke meubels, 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens, 'n hangkas, 'n spieëlkas en 'n eettafel met stoele.
  • 'n Klein kombuisie met 'n drieplaat-stoof en oond, yskas, waaier, verwarmer en mikrogolfoond.
  • Beskutte buitegebied om te ontspan en te braai.
  • Aangrensende ablusie vir eie gebruik, maar apart van die berghut, met 'n toilet, stort en wasbak.
  • Parkering in die skaduwee.
  • DSTV met boeket van kanale (M-Net, 6 Film-kanale, Discovery, Kyk-Net, 7 sportkanale E-Tv, SABC 1 2 en 3 en verskeie, Life style kanale).
  • Veilige omheining.

Impala Chalet  (7 persone):

  • Dit is 'n ruim 2-slaapkamer berghut met al die geriewe.
  • Hoofslaapkamer met 'n dubbelbed, 2de slaapkamer met 2 enkelbeddens, nog 3 enkelbeddens in die woongebied, 'n spieëlkas, hangkaste, eettafel met stoele en 'n sitkamerstel.
  • Kombuis met 'n stoof en 'n oond, groot yskas, waaier, verwarmer en 'n mikrogolfoond.
  • 'n Badkamer met 'n bad en aparte stort.
  • Parkering in die skaduwee.
  • DSTV met boeket van kanale (M-Net, 6 Filmkanale, Discovery, Kyk-Net, 7 sportkanale E-Tv, SABC 1 2 en 3 en verskeie Life style kanale).
  • Veilige omheining.

Partridge Chalet (2 persone)

  • Dit is 'n pragtige, 4m x 5m grasdak-berghut, gemeubileer met 'n dubbelbed, hangkas en spieëlkas.
  • Eie badkamer met 'n toilet, wasbak en stort.
  • 'n Kroeg-yskas, tweeplaat stoof en oond, waaier, verwarmer, ontbythoekie en 'n mikrogolfoond.
  • 'n Stoep om te ontspan en 'n groot skaduryke boom om onder te braai.
  • 'n Baie aangename en privaat atmosfeer, weggesteek tussen die bome.
  • Parkering in die skaduwee.
  • DSTV met boeket van kanale (M-Net, 6 Filmkanale, Discovery, Kyk-Net, 7 sportkanale E-Tv, SABC 1 2 en 3 en verskeie Life style kanale).
  • Ideaal vir 'n paartjie om hulle verhouding in 'n stil en privaat omgewing te versterk.
  • Veilige omheining.

Warthog Bushcamp (5 persone)

  • Hierdie eenheid het ietwat primitiewe, maar tog uitstekende geriewe om die bos-atmosfeer te versterk.
  • 'n Groot eenkamer kothuis (17m²) met 'n dubbelbed en 3 enkelbeddens, geleë in 'n 3000m² omheinde kamp.
  • Olielampe en kerse kan voorsien word vir 'n outydse plaas-atmosfeer.
  • 'n Klein kombuisie met kroegyskas, tweeplaat-stoof en al die nodige selfsorg geriewe.
  • 'n Klein privaat badkamer en 'n bos-stort buite en 'n ablusie in 'n boma onder 'n boom, maar baie privaat.
  • Hierdie eenheid is vir hulle wat werklik die eenvoudige manier van lewe wil geniet.
  • 'n Baie opgewonde en ontspanne tyd, is 'n belofte.
  • Parkering in die skaduwee, omtrent 50m vanaf die eenheid - 'n waentjie word voorsien vir die vervoer van bagasie en voorrade.
  • Velige omheining.

Skuurkie Chalet (2 persone)

  • Skuurkie is 'n klipgebou met 2 enkelbeddens.
  • Kroegyskas, tweeplaat-stoof, verwarmer, waaier en mikrogolfoond.
  • Eie badkamer, toilet, wasbak en stort.
  • Parkering in die skaduwee.
  • Tv  met E-Tv, SABC 1,2, en 3.
  • Veilig omheining.

Duiker Chalet (tot 4 persone)

  • 'n Twee-slaapkamer eenheid met al die geriewe.
  • Een slaapkamer met 'n dubbelbed en die ander slaapkamer met 2 enkelbeddens.
  • 'n Kombuis met yskas, stoof, waaier, verwarmer en 'n mikrogolfoond.
  • Vol badkamer met 'n stort oor die bad.
  • Parkering in die skaduwee.
  • Tv met E-Tv, SABC 1,2, en 3.
  • Veilig omheining.

Naby geleë aan:

  • Wonderboom lughawe.
  • Onderstepoort Veeartsenykunde.
  • Groot inkopiesentrums soos Kolonnade en Wonderboom-Junction.
Fasiliteite
  • Perdry (minder as 5km)
  • Parkering op die terrein
  • Tee / koffie fasiliteite
  • Lughawe (minder as 15km)
  • Motorhuur (minder as 20km)
Maak Google Map oop
  • Aanwysings
    Vanaf die N1 (Pietersburg/Johannesburg) snelweg, neem die Zambesi-afrit na die weste, draai regs by die T-aansluiting in Lavender road (R101, Hammanskraal) vir omtrent 7,5km (verby die Caltx-garage en Spar-supermark aan u regterkant), draai regs in Erica-straat, ry vir omtrent 1,5km tot aan die einde van Erica-straat en dan links by Plot 71: Little Bushveld Guesthouse.
Aanwysings
Vanaf die N1 (Pietersburg/Johannesburg) snelweg, neem die Zambesi-afrit na die weste, draai regs by die T-aansluiting in Lavender road (R101, Hammanskraal) vir omtrent 7,5km (verby die Caltx-garage en Spar-supermark aan u regterkant), draai regs in Erica-straat, ry vir omtrent 1,5km tot aan die einde van Erica-straat en dan links by Plot 71: Little Bushveld Guesthouse.
Bladsy Statistieke
78185 besigtings sedert 19 Jul, 2005.
Laas opgedateer op 22 Jan, 2024.
First year listed on WhereToStay.co.za
Kaartaansig

Satellietaansig
Kaartaansig
Straataansig
Beskikbaarheids kalender

Little Bushveld
Slide calendar from left to right

Wag u op 'n spesiale ooreenkoms?

Spesiale aanbiedings! Ontvang vroeë kennisgewings

Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!

Spesiale aanbiedings

Teken in en word in kennis gestel die oomblik dat hierdie eiendom 'n spesiale aanbod plaas!

Wees die eerste om te weet en mis nooit uit nie!

'n Bevestigingsboodskap sal aan u gestuur word voordat hierdie intekening geaktiveer is.
* Book Online
  • 1 of 8
    1/8 - Impala Chalet
  • 2 of 8
    2/8 - Partridge Chalet
  • 3 of 8
    3/8 - Warthog Bushcamp
  • 4 of 8
    4/8 - Guineafowl Chalet
  • 5 of 8
    5/8 - Insider Partridge Chalet 1
  • 6 of 8
    6/8 - Inside Partridge Chalet 2
  • 7 of 8
    7/8 - Inside Warthog Bushcamp
  • 8 of 8
    8/8 - Inside Guineafowl Chalet
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Little Bushveld - Bon Accord Verblyf.
WTS App Browser