Bly Plekke Logo
Beskikbaarheids kalender

La Mustique No 6
Slide calendar from left to right
* Book Online

La Mustique No 6 - TARIEWE

PEAK SEASON: R 3600 PER NIGHT

MID SEASON: R 2400 PER NIGHT

LOW SEASON: R 1650 PER NIGHT

ADMIN/BOOKING FEE: R 500

Tariewe is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.

Terme van betaling
Om ‘n bespreking te maak, benodig ons 'n deposito van 50% van die totale verblyfkoste.
Die res wat oorbly is 21 dae voor aankoms betaalbaar.
Bankbesonderhede sal verskaf word indien nodig.
Kansellasiebeleid
‘n Kansellasiefooi word dienooreenkomstig gehef.
Geen kansellasies of bestaande besprekings kan bespreek word of oorgedra word na 'n nuwe datum nie. Slegs in geval van die dood of hospitalisasie van die persoon vir wie die bespreking gemaak is.
Terugbetalings vir kansellasies word slegs dienooreenkomstig gedoen volgens die tydperk van die kennisgewing van kansellasie en met die verstandhouding dat dit indien en slegs indien 'n alternatiewe bespreking vir die presiese datum gemaak kan word.
As 'n gas in elk geval nie sy bespreking kan "eer" nie, sal dit beskou word as 'n kansellasie.
Aankoms En Vertrek Tye
Aankomstyd VANAF 14h00 (geen uitsonderings nie)

Vertrektyd STRENG 08h00
Reëls/Voorwaardes
Dit is 'n privaat gesinwoonstel wat ook verhuur word vir vakansieverhuring, dit is baie goed onderhou en alle toerusting word gereeld deur die eienaar ondersoek en herstel. Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit. (Nie op Sondae en openbare vakansiedae nie) Daar is voorsiening vir parkeerplek. Motorvoertuie en sleepwaens mag slegs in hierdie baaie parkeer.
Toesluit - motorhuis is slegs vir privaat gebruik vir eienaars.
Die woonstel word onderhou en gereserveer vir ons nie-rook-gaste.
Rook in hierdie woonstel kan lei tot 'n intense skoonmaak en fooi. 
Hou die deure, skuifdeur en vensters toe as die lugversorgers aan is.
Wees bewus daarvan dat UVB + UVA sonbeskermingsprodukte hardnekkige vlekke op beddegoed (linne) en meubels agterlaat.
Huurders sal verantwoordelik gehou word vir enige tekorte as gevolg van diefstal, breukskade ens.
Weens veiligheids”beams” mag geen linne, handdoeke of klere aan balkonne, vensters of die buitekant van die gebou opgehang word nie. ‘n Handdoekrak (droograk) is beskikbaar.
Geen troeteldiere / voëls word toegelaat nie, of enige groep studente / matrikulante nie.
Ekstra persone word nie toegelaat nie. Die maksimum aantal persone wat kinders insluit is (6) om te slaap.
Slegs die hoeveelheid mense soos op die faktuur aangedui, meer mense as dit sal gevra word om onmiddellik te vertrek.
Geen wanordelike gedrag word toegelaat nie.
Enige wangedrag of steurings sal lei tot onmiddellike uitsetting.
Voor vertrek moet u sorg dat die woonstel toegesluit is en in dieselfde toestand gelaat word as by aankoms. As oormatige skoonmaakwerk gedoen moet word, word 'n fooi van R500,00 gehef. Onthou om die sleutels by die “drop off box” te laat (hierdie plek sal gegee word sodra u bespreking bevestig is) en nie by die sekuriteitswagte of skoonmakers gelaat word nie.
Ons sorg dat alle TV's en toestelle in orde is.
Daar sal so gou as moontlik na foutiewe toestelle en TV's gekyk word, en geen terugbetalings of afslag word in hierdie verband gemaak nie.
Onthou asseblief om eie bad- en strandhanddoeke saam te bring.
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
La Mustique No 6 Rates
WTS App Browser