KLIPKRAAL GUEST FARM

Self-catering Cottages and Hiking Trail Base Camp

Klipkraal Gasteplaas - Die basiskamp vir selfsorg-eenhede en wandelpad.

Knus geleë tussen die heuwels van Suikerbosrand, bied Klipkraal Gasteplaas die ideale toevlugsoord weg van die geraas en gejaag van die stadslewe.

Klipkraal is geleë op die plase Rietfontein, Hartebeesfontein en Strydfontein in die Heidelberg/Vereeninging/Villiers-driehoek (naby die Vaaldam), 100km suid van Johannesburg.

Verblyf

Klipkraal Gasteplaas het 'n groot verskeidenheid eenhede vir verblyf.

Kiepersol Kothuis: Kiepersol is 'n kliphuis, baie privaat en afgesonderd. Hierdie kothuis lê rustig tussen kiepersolbome in die heuwels van die Suikerbosrand. Kaggel in woonkamer. Ten volle toegerus vir selfversorging. 'n Dubbelbed in die slaapkamer met twee enkelbeddens in die woonkamer. Een badkamer. Beddegoed en handdoeke. Sonkrag en gas.

Blinkblaar-Wag-'n-Bietjie Gastehuis: Blinkblaar is ook baie privaat en afgesonderd. Hiervandaan het gaste 'n 360° uitsig op die omliggende Suikerbosrand se heuwels en wuiwende grasvelde. Geniet die pragtige sonsondergange vanaf die gesellige braaigebied. Kaggel in woonkamer. Selfsorg, 2 slaapkamers, 2 badkamers. 4-7 persone. Beddegoed en handdoeke. Sonkrag en gas.

Taaibos Kothuis: Taaibos is die nuutste toevoeging tot die gasteplaas. Ook baie privaat en afgesonderd. 2 slaapkamers, 2 badkamers. 2-4 persone. Beddegoed en handdoeke. Kaggel in woonkamer. Selfsorg. Sonkrag en gas. Op hierdie stadium is Taaibos slegs met 'n 4x4 voertuig of bakkie bereikbaar.

"Die Poskantoor": Die Poskantoor is deel van die basiskamp se staproete. 2 slaapkamers, 2 badkamers. 4-8 persone. Gesellige lapa en braaiplek met 'n pragtige uitsig oor die plaasdam. Selfsorg. Beddegoed, bring eie handdoeke. Elektrisiteit

Korhaan en Hadida: Ook deel van die basiskamp se staproete. 6 Slaapkamers, 3 badkamers, kombuis en lapa. (12-20 persone) Selfsorg. Beddegoed, bring eie handdoeke. Elektrisiteit.

Bokmakieriehut: Bokmakierie is ook deel van die basiskamp se staproete. Ideaal vir 2 persone. 'n Pragtige uitsig oor die plaasdam. Badkamer met stort en toilet. Beddegoed en handdoeke. Kombuis buite op die stoep/lapa. Elektrisiteit.

"Die Plaashuis": Die ou plaashuis het 5 slaapkamers en 4 badkamers. Kaggel in woonkamer. Die Plaashuis is langs die wildkamp. 6-14 Persone. Selfsorg. Beddegoed en handdoeke.Elektrisiteit.

"Ouma se Huisie": 'n Ou plaashuis met 3 slaapkamers en 2 badkamers. Kaggel in woonkamer. Die Afrikaanse film "Ouma se Slim Kind" was in en rondom hierdie plaashuis verfilm. "Ouma se Huisie" is ook baie privaat en afgesonderd. Geen elektrisiteit - olielampe, gas-waterverwarmer, gasstoof en gasyskas. 6 tot 10 Persone. Selfsorg. Beddegoed en handdoeke.

"Die Opstal": Dit is ook 'n ou plaashuis, maar is deel van die hoofplaas en is omtrent 400m vanwaar die eienaars woon. Gaste sal ganse, beeste en perde kan sien. Dit sal 'n werklike plaasondervinding wees! 4 Slaapkamers en 3 badkamers binne in die huis. 'n Ekstra slaapkamer en 2 badkamers buitekant. Kaggel in woonkamer. 10-20 persone. Selfsorg. Beddegoed, bring eie handdoeke. Elektrisiteit.

"Die Stal": Die Stal het 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die Stal is ook deel van die hoofplaas. 4-6 Persone. Selfsorg. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Elektrisiteit.

Klipkraal het geriewe vir Kongres/spanbou/gebedsbyeenkomste by die Habitat Basiskamp: Die Raadsaal.

Klipkraal het ook 'n nuwe gerief: Die Klipskuur (90-150 gaste)
Kontak ons gerus om meer fotos te sien.

Klipkraal se basiskamp en staproete: Die Habitat basiskamp kan 35 stappers in 9 kamers huisves. Stappers bring hulle eie beddegoed en handdoeke. Ruim lapa met braaigeriewe kyk uit oor die plaasdam. Daar is kano's beskikbaar om op die dam te roei.

Vermaak

Wildbesigtiging: Daar is meer as 17 soogdiersoorte op die plaas - Swartwildebeeste, springbokke, zebras, blesbokke, duikers, steenbokke, bergrietbokke, jakkalse en andere.

Voëlkyk: Die plaas het 'n oorvloëd van voëlsoorte. Meer as 120 spesies is reeds geïdentifiseer - 'n Voël-kontrolelys is beskikbaar.

Stap: Klipkraal staproete is ingelyf by HOSA.
Daar is twee hoof eendag staproetes: Panorama - 13km en Kraal - 10km. Korter afstande van hierdie roetes is beskikbaar.

Padlope: 3 Roetes is beskikbaar (7km, 13km en 21km)

Plaasdam: Gratis gebruik van die kano's om op die dam te roei.

Vlugbal: Die baan is by Habitat se basiskamp.

Fietsry: Bring u bergfietse om op die bergpaaie te kan ry.

Geen vierwielmotorfietse, troeteldiere of hengel word toegelaat nie

Geen rook word binne die eenhede toegelaat nie.

GEEN DAGBESOEKERS.

Maurice en Celèst Leonard sien daarna uit om u by die Klipkraal Gasteplaas te verwelkom.

Fasiliteite
  • bergfietsry
  • braai
  • fietsroetes
  • Fietsry
  • kaggel
  • kano (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kombuisie (sommige eenhede)
  • konferensie lokaal
  • Malaria vry
  • mikrogolf (sommige eenhede)
  • natuur roete op die terrein
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • nie gediens
  • parkering op die terrein
  • stap
  • stoof in eenheid
  • Voël kyk
  • yskas in eenheid