Drakensberge en Omgewing Akkommodasie

»

Little Switzerland Akkommodasie

»

Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf in Little Switzerland

Ingwe CabinEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Northern Drakensberg
KwaZulu-Natal
South Africa
Kontak : George / Suzette Spies
Plaaslike Faks : 086-2162385
INT Faks : +27-86-2162385
Sel : 082-4066271

Geleë in die Noordelike Drakensberge, halfpad teen Oliviershoekpas af, tussen Little Switzerland en Alpine Heath, hoog in die berge op 'n 4x4-baan, is die plaas Ingwe genestel.

Skouspelagtige goue sandsteenkranse wat hemelwaarts reik, steil valleie met kristalhelder strome en rotspoele, rotsagtige klowe met baie boomvarings, broodbome en allerhande pragtige inheemse plante, omring deur woude van geelhout en rollende grasvelde.

Dit is moontlik om die Kransaasvoëls te sien broei in die kranse, vanaf die oop dek van die kothuis, en met talle ander voël en wild spesies is dit werklik 'n voëlkyker, stapper en natuur liefhebber se paradys.

Slegs een selfsorg kothuis op 'n 4x4-baan (graad 1 tot 3, afhangende van die hoeveelheid reën, “low range”  nie noodsaaklik nie en 180mm grondvryhoogte voldoende) nie moontlik met ‘n motor nie. Jy is verseker van jou privaatheid in die ongerepte deel van die Berg, behalwe vir vrylopende Elande, Bosbokke, berg Rheebok, Wilde bobbejane en 'n oorvloed van voëllewe om jou gemoedsrus te versteur. 'n Dam wat onlangs gebou is, en gevul is met reënboog forel, verskaf genotvolle vlieghengel met ‘n onoortreflike uitsig en rustigheid. Vir die gholfspelers is daar 'n 205m “self-service driving range” oor die forel dam (120m om bo-oor die water te slaan).

Die kothuis akkommodeer 6 persone en bestaan uit twee slaapkamers, een met 'n koningin-grootte bed, een met 2 enkel beddens asook 'n bunker bed in die leefarea. Een badkamer met 'n bad, wasbak en spoeltoilet. Oop plan sitkamer met kaggel en ten volle toegeruste kombuis.

Buite: dek, lapa, stort, spoeltoilet en onderdakparkering.

Sonkrag aangedryfte ligte en gas-stoof, -fridge & -geysers maak voorsiening vir die nodige gerief. ‘n Houtvuur donkie verskaf warm water na die buite stort. Al wat jy hoef te bring is jou kos, drankies, houtskool en vuuraanstekers, ys, verkyker, stapskoene en 'n goeie boek vir reëndae.

Map
  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Ingwe Cabin (Slaap 6) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 3 - stapelbed
  • Fasiliteite
  • braai
  • kaggel
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • meer op die terrein
  • natuur roete op die terrein
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • radio in die kamer
  • rotskuns (minder as 20km)
  • tee / koffie fasiliteite
  • visvang op die terrein
  • Spesiale Kategorieë
  • Visvang Verblyf - Varswaterbesonderhede
    The following apply
    Fishing equipment for hire
    Can bring own fishing equipment
    Boat available for use
    Boat available for hire
    Can bring own boat (no petrol motors)
    Catch and release
    Catch and keep
    Limited number of fish per day allowed
    Fly fishing
  • Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyfbesonderhede
    The following apply
    Bring your own bicycle
    Bicycles to hire
    Bicycle set trails
    Bicycle - free to explore
    Bring your own quad bike
    Quad bikes to hire
    Quad bike set trails
    Quad bikes – free to explore
    Bring your own off-road motorcycle
    Off-road motorcycles to hire
    Off-road motorcycle set trails
    Off-road motorcycle – free to explore
    4x4 vehicle set trails
    4x4 vehicle – free to explore
Bladsy Statistieke
117942 besigtings sedert 16 May, 2003.
Laas opgedateer op 18 Nov, 2017.