Cabanas Del Mar 17 is 'n selfsorg vakansie woonstel op Winklespruit se hoofstrand. Dit is +/- 70 minute vanaf die Nuwe Durban Internasionale Lughawe en 5 km van Amanzimtoti geleë. Eenheid 17 is in 'n ten volle omheinde kompleks, met 24 uur sekuriteit, wat jou gemoedsrus bied terwyl julle pret het in die son. Eenheid 17 is op grondvlak en kyk uit oor ‘n sprankelende swembad en tuine. Daar is klimraam vir kinders en braaigeriewe in die tuine. Dit het 2-slaapkamers, wat 4 volwassenes en 2 kinders kan akkommodeer. Die sitkamer het gemaklike rusbanke, SAUK, e-tv en DSTV (bring jou eie slimkaart en dekodeerder), is ten volle geteël, en toegerus met waaiers.

Alle linne word voorsien behalwe handdoeke.

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met die gewone eetgerei en breekware items, plus ‘n mikrogolf, yskas, stoof, ens.

Daar is ‘n motorafdak vir een motor. Addisionele parkering is beskikbaar op aanvraag.

‘n Hek loop na die strand vanaf die rustige, welig tropiese tuine. Dit word gesluit vir sekuriteit doeleindes. Deur die hek, is ‘n strandmeer, rotse vir hengel (elf gebied en ideale plek vir sardienloop) en nuut oorgedoende getypoele met Lewensredders.

Die hoofstrand word ten volle beskerm deur haainette en word gepatrolleer deur gekwalifiseerde Lewensredders.

Dit is ‘n heerlike lang, sondeurdrenkte, uitgestrekte strand, perfek vir wandelings, draf om fiks te bly, branderplank ry, kite surfing, jet ski en kayak.

Binne maklike ry-afstand is:

Pick 'n Pay-winkelsentrum, Woolworth’s food, Spar Sentrum met restaurante en sportgeriewe. Gholfbane in Umbogintwini. Durban Waterfront uShaka Marine World, Wild Coast Casino, CrocWorld, Tala Valley wildplaas (die R63, rigting Umlaas) Shark Board, Empisini Natuur Reservaat, Aliwal Shoal Duik.

Fasiliteite
  • buite swembad
  • parkering op die terrein
  • strand (absoluut op die strand)
  • wasmasjien op die terrein

Rigting aanwysings

Ry Suid, verby Durban Internasionale Lughawe

Verby Prospecton pad

Verby Joynerweg

Verby Dickens road

Verby Moss Kolnik Road (Kingsway-hospitaal)

Verby Adams pad

Verby AMANZIMTOTI

Verby Seadoone Road

Neem Umbumbulu / Kingsway afdraai

Einde van afrit draai links

200 Meter, verkeersligte draai links, R102

800 Meter draai regs in duikweg

Onderdeur Spoorweg Brug, komplekse aan die voorkant van jou, dan draai links, dan regs in kompleks.


GPS Co-koördinate:
Suid 30.0913245 grade.
Oos 30.8615643 grade.