C-Rus is in die rustige Leisure Bay aan KwaZulu-Natal se Suidkus gelee. Indien jy soek na rus en vrede, het jy die regte plek gevind!
Leisure Bay is een van die beste geheime van die Suidkus. Te danke aan sy pragtige strande, haainette en lewensredders op die strand kan jy heerlik in die water baljaar, swem en sonbrand op die sand. Port Edward is slegs 7 km van ons af, Margate en die Wild Coast Sun is albei slegs —20 km van hier af en by laasgenoemde kan jy gholf speel, kegelspel, 'n fliek gaan kyk of by een van die talle restaurante gaan eet. Ons is ook slegs 400 m van TO Strand af, 150 m van Drake's Bay en Peter Pan asook Kids Beach is loop afstand.
Die kompleks het 2 verdiepings, met die 5 bed eenheid op die grondvloer en die 2 bed (dubbelbed) eenheid op die boonste verdieping. Die eenhede is heeltemal privaat en het ingange aan weerskante van die gebou. Wi-R is beskikbaar op selektiewe rye. (doen asb. navraag)
Die eenheid met slaapplek vir 5 het 2 kamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningin grootte bed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed (bunk bed) en nog 1 enkelbed. Daar is ook 'n groot oopplan-leefkamer wat gekoppel is aan die kombuis. Die kombuis is ten voile toegerus en het 'n mikrogolfoond, gasstoof en groot yskas/vrieskas. In die leefkamer is daar 'n TV met DStv. Daar is 'n privaat braaiplek met 'n tafel en stoele en skadunet-parkeerplek. Die eenheid is toegerus met 'n alarm gekoppel aan 'n reaksiemag noodeenheid en het 'n ingeboude kluis.
Die oopplan-woonstel vir 2 persone is beskikbaar, maar slegs indien die hoofhuis nie op daardie stadium gebruik word nie. Die eenheid het 'n dubbelbed, mikrogolfoond, yskas, tafel, stoele en kombuisgereedskap. Daar is ook 'n TV, DStv en braaiplek. Skadunet parkering is langs die eenheid beskikbaar.
Die eenhede word 2 maal per week skoongemaak. Ons was ook 1 bondel wasgoed indien gaste 7 dae of langer vertoef. (geen strykwerk)
Game moet asb. hul eie handdoeke bring.
Leisure Bay Selfsorg Vakansie Woonstelle • Leisure Bay Selfsorg Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!
