Get it on Google Play

Buffalo Thorn Safari LodgeEnglish

  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeë kennisgewings

Buffalo Thorn Safari Lodge
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Farm Engelsea
Tom Burke
Koedoesrand District
Limpopo Province
South Africa
Kontak : Mari & Jan Bogenhofer
Plaaslike Faks : 086-6594977
INT Faks : +27-86-6594977
Sel (1) : 082-8529354 Mari
Sel (2) : 082-3077879 Jan
Deurgaans spesiale aanbiedinge beskikbaar.
KLIEK ASSEBLIEF HIER VIR BESONDERHEDE

Verblyf in 'n privaat wildreservaat in Tomburke, Koedoesrant-distrik, Limpopo, Suid-Afrika.

Buffalo Thorn Safari Lodge is op die plaas Engelsea geleë, slegs 20km vanaf die Martinsdrift/Groblersbrug-grenspos en is die ideale rusplek op pad na Botswana, Zimbabwe of Maphungubwe.

Hierdie 4-ster luukse gastehuis is deel van 'n privaat wildreservaat en is ontwerp om verblyf te bied aan persone wat oornag, of 'n eksklusiewe selfsorg-groep vir tot 20 persone, maar verblyf met etes kan ook gereël word.

Ons nuwe verblyf, met koloniale styl, omhels die natuur om elke draai en bied al die privaatheid en uiterste gerief wat u nodig sal hê vir on-onderbroke ontspanning.
Elke luukse berghut van die gastehuis, het 'n eie badkamer, buite klipstort, yskas, klein kombuisie óf 'n koffiemaakplek, lugversorger en dek. Die oornag-berghutte het goed toegeruste kombuise, stoepe met 'n eetkamerstel en ingeboude braai wat oor die watergat kyk en ook eie badkamers, met dubbel smuk-kassies, baddens en storte.

Die twee hoofgeboue het elkeen 'n kaggel, satelliet-Tv, woonkamer en 'n eetkamer wat lei na 'n groot gesellige stoep, met uitsig oor die watergat. Dit bied 'n lieflike plek om te onthaal. Die stoep, vanaf die hoof-gastehuis, lei ook na die swembad en boma, om daarmee die perfekte plek te bied om die gesin, familie en vriende rondom die gesellige kampvuur, saam te bring.

Buffalo Thorn se filosofie van eenvoudige luuksheid en terugkeer na die natuur, word nie slegs met die verblyf versterk nie, maar word ook gekenmerk deur die profesionaliteit en diens van ons goed-opgeleide personeel. Afgesien van die daaglikse diens, sal ons gastehuisbestuurder aandag gee aan al u behoeftes in die aand, vanaf die aansteek van die vuur en die uitleg van die tafel, tot hulp in die kombuis.

Hier, in die hart van die Afrika-bosveld, sal u verfris en versterk word deur inspirerende tonele van oop en onbesoedelde ruimtes, die helderskoon lug, skilderagtige tonele en 'n onmiskenbare nabyheid aan die natuur.

Ons buffel-teelprogram, teenoor die gastehuis, kan vanaf die uitsig-dek gesien word terwyl u 'n skemerkelkie, of 'n vroeë beker koffie geniet.

Wildritte en gids-begeleide stappe in die bos, is sommige van die vermake wat u gedurende u verblyf kan geniet. Ons spoorsnyer en wildbewaarder is werklik 'n goeie bron van onoortreflike inligting van wildgedrag en het 'n passie om dit met ons gaste te deel. Ander vermake in ons omgewing is 'n 9-putjie gholfbaan, op Krokodilplaas en 'n teetuin - almal binne 35km. Trofee-jag en veral boog-jag safaris, gedurende die jagseisoen, kan gereël word.

Die belangrikheid vir 'n besoek aan Buffalo Thorn Safari Lodge, is die geleentheid om stil te word en die natuurlike prag van 'n landskap, sonder geraas en besoedeling, te ervaar en te absorbeer.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • 4 Star Satour rating
  • AA Highly Recommended
  • SABS Tourism - 4 Crystals
  • Tourism Grading - 4 Stars

Neem asseblief kennis
  • 18kms from Tom Burke, Groblersbridge/Martinsdrift Border post On route to Botswana and Mapungubwe
  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Fasiliteite
  • grootwild
  • braai
  • braai - kommunale
  • buite swembad
  • DSTV in kommunale gebied
  • elektroniese kluis
  • grootwild (minder as 30 km)
  • jag od die plaas kan gereel word
  • kaggel
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kombuis kommunale
  • kombuisie slegs
  • kroegyskas
  • lugversorger (alle eenhede)
  • mikrogolf in eenheid
  • natuur roete op die terrein
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • private swembad
  • reptielpark (minder as 20km)
  • skottelgoedwasser
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kommunale gebied
  • Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.
  • wasgeriewe
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien op die terrein
  • wildritte (minder as 30 km)
  • wildritte op die terrein
  • Spesiale Kategorieë
  • Ster Gegradeerde Akkommodasie
Bladsy Statistieke
16555 besigtings sedert 25 May, 2010.
Laas opgedateer op 31 May, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 9 years