Get it on Google Play
E-Pos Bespreking / Navraag Wys Tariewe
Gas resensies English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Bournemouth Road, Leisure Bay, Munster, KwaZulu-Natal, South Coast
Kontak : Irene du Randt
Faks : +27-11-3624295
Sel (1) : +27-82-2635351
Sel (2) : +27-83-3029198

bronzeparadise17-Afr

Word wakker met die son wat opkom oor die warm Indiese Oseaan, of kyk na die dolfyne en walvisse vanaf jou balkon, sitkamer of hoofslaapkamer want hierdie akkommodasie het ‘n volle voor- uitsig oor die see. Slegs 1,5 uur van Durban, of 20 minute vanaf Margate, hierdie selfsorg woonstel het ‘n asemrowende uitsig oor die see en die golwe wat op die strand breek. Geleë net  50m vanaf die strand en 200 m na 'n veilige strand met lewensredders (naweke en skool vakansies).

Die Hibiscus kus is goed bekend vir sy goue strande, rotsagtige inhamme, sonnige weer en warm tropiese klimaat. Verskeie strande het Internationale blou vlag status. Vir die gholfspeler is Suid-Afrika se top gholfbane op die Suidkus, bv Southbroom en The Wild Coast Sun wat ook “Tenpin bowling” en watersport aanbied, of dalk wil jy liewer jou geluk beproef met dobbel.

As jy in die natuur wil wees en gaan stap, besoek gerus die Umtamvuna natuur reservaat met sy oorvloed van plante. Clearwater roetes het baie bergfiets roetes vir elke graad van entoesiasme. Elke Junie / Julie “loop” die sardientjies en migreer daar reuse skole sardyne verby die Suidkus- “The Greatest Shoal on Earth”. Hulle word vergesel deur dolfyne en ander groot vis en duisende seevoëls wat op hulle voed.

As jy 'n adrenalien verslaafde is, is Oribi Gorge net die plek om te wees. Hulle bied abseil of gaan op die “Cable slide”. Na al die harde werk, hoekom nie 'n pannekoek by Mac Banana of koffie by die Beaver Creek Coffee Plaas, of 'n wafel by The Waffle House nie. As jy in die bui is vir flieks, inkopies of uit-eet,  Die Shelly Sentrum het dit alles, of jy kan net lekker ontspan by die kompleks se swembad.

Hierdie eenheid kan 6 persone akkommodeer ,met 3 slaapkamers en 2 badkamers, 2 slaapkamers is toegerus met dubbel beddens en die derde slaapkamer het twee enkel beddens. Die hoofslaapkamer het 'n badkamer en- suite met bad en ’n  stort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die sitkamer en hoofslaapkamer lei uit na die balkon. Die ten volle toegeruste oop-plan kombuis het 'n mikrogolf en wasmasjien. SAUK TV 1,2,3 is beskikbaar, daar is 'n DSTV skottel, maar jy sal nodig hê om jou eie dekodeerder en kaart te bring.

Fasiliteite
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • braai
  • buite swembad
  • Casino (minder as 10 km)
  • DSTV (bring kaart en dekodeerder)
  • Golf (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • mikrogolf in eenheid
  • strand (absoluut op die strand)
  • visvang (minder as 3 km)
  • walviskyk op die terrein
  • wasmasjien in eenheid

  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Unit (Slaap 6) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - koningin
    • Slaapkamer 3 - enkel, enkel
Bladsy Statistieke
29184 besigtings sedert 25 Jan, 2010.
Laas opgedateer op 19 Aug, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 9 years

Bronze Paradise 17 verskyn in die volgende afdelings:

Leisurebaai Selfsorg Vakansie WoonstelleLeisurebaai Selfsorg Akkommodasie