Bazley Beach Holiday Home

Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf In Bazley

BAZLEY BEACH VAKANSIEHUIS

Die huis bied slaapplek vir ‘n maksimum van 6 Volwassenes en 6 Kinders, indien nodig, maar die tariewe is vir 6 mense (kinders ingesluit). 

Die huis bied ‘n skouspelagtige en onbelemmerde uitsig oor die see en die strand.

Die uitsig vanaf die tuin is reg oor op die strand, 150 m direk voor die huis.

Die stap / ry afstand strand toe is 300m.

Walvisse en dolfyne word gereeld in die wintermaande gesien.

Junie en Julie bring ook soms die Sardyn Loop.

DIE HUIS

  • Onderdakstoep wat uitkyk op 'n privaat tuin met ‘n swembad en ‘n uitsig oor die strand en see.
  • Braai-area met ingeboude braai 
  •  ‘n Skuifdeur vanaf die stoep wat lei na 'n kroeg / onthaalarea
  • Oopplan sitkamer en eetkamer
  • Aparte volledig toegeruste kombuis
  • Slaapkamers x3
  • (Al 3 slaapkamers het 'n dubbelbed en ‘n stel stapelbeddens)
  • Badkamers x2
  • (Beide badkamers het 'n bad, stort, toilet en wasbak)
  • Lugversorging
  • Volledige DSTV
  • Parkeerplek op die perseel
  • Veiligheidstelsel met: alarm, beams in die huis en tuin, kameras
  • Walvis- en dolfynkyk vanaf die perseel

Die huis het 3 slaapkamers, dus is dit ideaal vir 6 volwassenes of 2 klein gesinne.

Die huis is so ingerig dat dit ‘n maksimum van 3 paartjies met 2 klein kinders (jonger as 10 jaar) elk kan huisves, indien nodig.

U moet egter in gedagte hou dat 2 volwassenes 'n slaapkamer met tot 2 kinders sal deel.

As u meer ruimte benodig, is daar die opsie om ook Bazley Beach Holiday Studio Apartment of Bazley Beach Holiday Cottage saam met Bazley Beach Holiday Home te huur.

Nabygeleë:

Die huis het 'n permit wat toegang verleen tot 'n privaat strand genaamd Ndesingane, wat ongeveer 3 km per motor van die huis geleë is. Hierdie strand bied goeie skuiling op winderige dae en is 'n stil en ongerepte strand, ideaal vir visvang, duik, swem, sonbad en rotspoele.

  • Selborne Country Club (± 13km)
  • Pennington (± 15km)
  • Umdoni Golf Club (± 17km)
  • Shark Cage Diving (± 21km)
  • Scottburgh Mall (± 25km)
  • Croc World (± 30km)
  • Vernon Crookes Nature Reserve (± 35km)
  • Port Shepstone (± 53km)
  • Amanzimtoti (± 55km)
  • Splash Waterworld Toti (± 56km)
  • Galleria Mall (± 58km)
  • Shelly Beach (± 58km)
  • Ilanda Wilds Reserve (± 58km)
  • Umbogavango Natuurreservaat (± 59km)
  • Margate (± 64km)
  • Skyline Natuurreservaat (± 64km)
  • Pure Venom Reptile Park (± 70km)
  • River Bend Crocodile Park (± 74km)
  • Oribi Gorge (± 75 km)
  • Durban (± 80km)
  • Mpenjati Natuurreservaat (± 82km)
  • Ushaka Marine World (± 85km)
  • Wild Coast Sun (± 97km )
  • King Shaka Internasionale Lughawe (± 114km)