Get it on Google Play
E-Pos Bespreking / Navraag Wys Tariewe
English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Kudu Street, Ballito, North Coast, KwaZulu-Natal, South Africa
Kontak : Chris Janse van Rensburg
Sel (1) : +27-83-2311586
Sel (2) : +27-82-8707807

  Ballito is ongeveer 15 minute se ry vanaf King Shaka Internasionale lughawe, 30 minute noord van Durban en 20 minute vanaf die baie gewilde Gateway winkelsentrum in Umhlanga. Dis 'n vriendelike, woelige vakansie dorp met modern winkelsentrums, klomp buitemuurse aktiwiteite, restaurante en goue strande.

Hierdie vakansie woonstel (op die eerste vloer) bied die vakansieganger 'n perfekte lokasie reg op die hoof strand van Ballito. Dit is baie naby (loop afstand) aan 'n winkelsentrum en ander gewilde aantreklikhede. Dit is ook ideal vir die golfspeler met verskeie bane om van te kies in die onmiddellike omgewing.

Hierdie modern gemeubileerde woonstel is toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, yskas, stoof, mikrogolf-oond, TV, DStv konneksie en beddegoed. Die woonstel word ook daagliks skoon gemaak (nie Sondae en vakansie dae) vir jou gerief.

Die woonstel slaap gemaklik 6 mense met 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningin grootte bed en sy eie badkamer. Die tweede slaapkamer het ‘n koningin grootte bed en 2 enkelbeddens (die enkelbeddens is op mekaar en dit is slegs geskik vir kinders jonger as 12). Die tweede badkamer het 'n bad en stort. Die leefarea (sitkamer en eetkamer) is oop-plan met die sitkamer wat uit loop op 'n balkon met 'n lieflike see-uitsig.

Hierdie baie gesogte kompleks het sy eie swembad en braai fasiliteite. Veilige, onderdak parkering ('n gemeenskaplike motorhuis) is beskikbaar vir elke woonstel met addisionele parkering (nie onder dak) vir besoekers en sleepwaens.

310 Kenwyn-on-sea is die ideale plek om te kom ontspan terwyl jy kyk na die pragtige sonsopkoms en dolfyne dophou vanaf jou eie balkon. Maak die beste van ons sonnige strande en neem 'n rustige wandeling langs die waterfront promenade tydens die koeler skemer tye.

Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • braai - kommunale
  • buite swembad
  • Casino (minder as 10 km)
  • DSTV in eenheid
  • duik (minder as 10 km)
  • films / teater (minder as 5km)
  • gediens
  • Golf (minder as 5km)
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • lewendige vermaak (minder as 3 km)
  • lughawe (minder as 15km)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • motorhuur (minder as 20km)
  • muurbalbaan (minder as 5km)
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • reptielpark (minder as 20km)
  • restaurant (loop afstand)
  • restaurant (minder as 5km)
  • rolbal (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • stoof in eenheid
  • strand (absoluut op die strand)
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • tuimeldroĆ«r
  • tuimeldroĆ«r in eenheid
  • visvang (minder as 3 km)
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • wasmasjien in eenheid
  • wasmasjien op die terrein

  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag EFT / Geld Oordrag
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Eienaar Taalopsies
  • Afrikaans
  • English
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Flat (Slaap 6) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel, stapelbed
Naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
128624 besigtings sedert 19 Aug, 2005.
Laas opgedateer op 17 Sep, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 14 years