Bly Plekke Logo

Zambezi/Caprivi

OorsigVerblyf
Zambezi/Caprivi Dorpe
 
Elephants at the water. Linyanti, Caprivi, Namibia  © Benjamin Hollis, License

Zambezi/Caprivi

Een van Namibië se mees belangrike toeriste-gebiede was tot September 2013 bekend as die Caprivi-strook, of die Caprivi-streek. Vandag word die 450km² gebied, gewild vir sy tropiese riviere en wildlewe, na die rivier wat die noordelike grens met Angola vorm, die Zambezi-streek genoem. Twee ander dorpe, wat ook Duitse name gehad het, se name is ook verander in plaaslike tale. Schuckmannsburg in die vorige Caprivi-streek is nou Lohonono en die hawedorp Luderitz in die Karas-streek, Naminus, wat beteken om te omhels, in die Khoi-San taal.

Die Zambezi-streek strek Ooswaarts vanaf die Kavango-streek en word begrens met 4 ander Afrikalande, nl Angola, Zambië (Noord), Botswana (Suid) en Zimbabwe (Oos). Sy ongewone groen voorkoms vir hierdie deel van Afrika kan toegeskryf word aan drie standhoudende riviere wat deur die streek vloei, wat dit ook 'n vleiland-paradys maak in die andersins droë land. Die Zambezi-streek is 'n skakel vir besoekers na die wêreldbekende Okawango-delta en Chobe Nasionale Park van Botswana, Zambië en Zimbabwe se meer Cariba en die sewende wonder van die wêreld, die Victoria-Valle. Omdat al die genoemdes groot toeriste-aantreklikhede is, kan dagritte, oordragte, kampering en visvang-safaris gereël word vanaf die Zambezi-streek na enige een van hierdie buurlande.

Die Zambesi-streek is verdeel in twee dele, die Westelike en die Oostelike dele. Die Westelike deel van die streek, wat tussen die Okavango-rivier (Westelike kant) en Kwandu-rivier (Oostelike kant) lê, vorm die Bwabwata Nasionale Park. Die gebied is ook 'n deel van die beplande KaZa Park, wat die grens-bewaringsgebied tussen 5 lande, Namibië, Angola, Zambië, Botswana en Zimbabwe, sal vorm. Dit sal ook na voltooiing die grootste grens-bewaringspark in Afrika wees. 'n Ander interessante feit van hierdie deel van die streek is dat dit deel sal vorm van die olifant- en buffel- se trekroetes. Dit het geen heinings op die grense nie. Die diere word dus toelaat om vrylik in hul jaarlikse migrasie te beweeg. In die Westelike deel van die Zambezi-streek is die Mahangu Wildreservaat by Divundu, as ook die deurgang na die Okavango-Delta en die Poppa-Valle, omtrent 2km Suid van Divundu. Die hele Kwandu-riviergebied wat ook in hierdie deel van die streek val, is 'n voëlparadys.

Die Oostelike deel van die Zambezi-streek is die heel Noord-Oostelikste deel van Namibië en is heeltemaal omring deur riviere, behalwe vir die smal strook van die reguit landsgrens tussen die Kwandu-rivier en die Zambezi-rivier. Hierdie deel van die streek is meer bewoond en het 5 groot dorpe, behalwe Katimamulilo. Kongola is die eerste dorp wanneer u die oostelike deel van die Zambezi-streek binnekom. Linyanti is op die grondpad vanaf Kongola, deur Mudumi- en Mamili Nasionaleparke, en dan Noord-Oos na Katima. Linyanti is die tuiste van die koning van die Mafwe-stam. Bukalo is die grootste dorp in die Oostelike kant van die Zambezi-streek en Lohonono, wat eers bekend was as Shuckmannsburg, voorheen die hoofstad van die Zambezi-streek, lê Noord van Bikalo. Na 'n groot vloed in 2009 was die dorp baie verniel en is dit as ruïne agtergelaat. En laastens is Ngoma, wat die mees Oostelike dorp van Namibië is en ook die doeane- en grenspos wanneer mens van Namibië na Botswana reis.

Gewilde Dorpe

{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Zambezi/Caprivi Verblyf en Inligting. Zambezi/Caprivi, Zambezi/Caprivi.
WTS App Browser