Bly Plekke Logo

Oshana

OorsigVerblyf
Oshana Dorpe
 
Sunset in Etosha pan  © Enrico Donelli, License

Oshana

Namibië is verdeel in 14 verskillende streke en een van hierdie streke is die Oshana-streek. Hierdie streek is geleë in die sentrale deel van Noordelike Namibië en is een van die drie streke wat nie 'n kus of 'n landsgrens het nie. Dit grens egter aan vier van die ander streke, Ohangwena in die Noorde, Kunene in die Suide, Oshikoto in die Ooste en die Omisati-streek in die Weste. Die streek het sy naam gekry van die mees uitstaande landskap, naamlik die vlak, seisoenale, oorstroomde holtes wat die plaaslike ekologiese sisteem onderhou. Oshana se hoofstad is Oshakati wat ge-ag word as die grootste dorp en hoofstad van die Noordelike deel, bekend as Ovamboland. Die dorpe Oshakati, Ondangwa en Ongwediva is bekend as die gesig van die Oshana-streek en het 'n dramatiese groei ondervind. Dit is 'n belangrike kommersiële en potensiële industriële gebied. Alhoewel 70% van die bevolking steeds in afgeleë gebiede bly, is 30% in stedelike gebiede soos Oshakati, wat dit die streek se grootste stedelike gebied van die vier Noordelike streke maak. Beide Oshakati en Ondangwa het landingstroke wat geskik is vir mediumgroot vliegtuie, slegs gedurende daglig en voorsiening kan ook gemaak word vir beide passasiers en lugvrag.

Een van die streek se aantreklikhede is die meer Oponona, wat vernoem is na die Ndonga dialek en beteken 'die een wat al die water ingesluk het'. Oponona is 'n natuurlike meer wat omtrent 70km vanaf die Etosha-pan geleë is. Dit is die grootste meer in die Cuvelaikom. Gedurende 'n jaar met 'n redelike hoeveelheid reën, hou hierdie meer water tot die volgende reënseisoen. Vir hierdie rede is die meer 'n baie gewilde plek vir baie voëlspesies, veral Flaminke wat hierheen trek wanneer die Oshanas (die vloedvlaktes), moerasse en ander vleilande opdroog.

Gewilde Dorpe

{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Oshana Verblyf en Inligting. Oshana, Oshana.
WTS App Browser