Bly Plekke Logo

Ohangwena

OorsigVerblyf
Ohangwena Dorpe
 
Zebra on the plains of Ohangwena  © Brian Holsclaw, License

Ohangwena

Die Ohangwena streek in die verre Noorde van die land, is een van die kleinste, maar tog die digsbevolkte van Namibië se 14 streke. Die streek grens Noord aan Angola en ook aan 4 ander streke, Kovango, Oshikoto, Oshana en Omusati. Die streek se hoofstad is Eenhana wat eens die hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Weermag was. Eenhana is geleë in 'n skilderagtige tropiese bosgebied, waar die hoof-kommersiële aktiwiteit beesboerdery is. Beesboerdery saam met landbou is die twee hoof-ekonomiese bydraes tot die streek se ekonomie.   

Eenhana is verbind met die Trans-Caprivi snelweg wat deur die dorp gaan om Eenhana met Rundu, Katima Mulilo en Victoria Falls Livingstone in die Ooste, en na Ruacana en Epupavalle in die Weste, via die Okalongo Outapipad te verbind. Sommige van die ander besienswaardighede in en rondom die dorp is die Oukwanyama Kingdom- en King Mandume Museums by Omhedi, 'n gemeenskaps-natuurreservaat by Omauni, as ook die Ondeshifilwa Herdenkingsterrein.

Besoekers kan na die Kwanyama-kultuur gaan kyk by Helao Nafidi. Daar is nog ander aktiwiteite, insluitende die jaarlikse Handelskou wat die hele gesin kan geniet, ook kuturele dorpies, stap- en fietsroetes.

Gewilde Dorpe

{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Ohangwena Verblyf en Inligting. Ohangwena, Ohangwena.
WTS App Browser