Bly Plekke Logo

Kunene

OorsigVerblyf
Kamanjab, Kunene, Namibia  © Tscherno, License

Kunene

Die mees Noord-Westelike van Namibië se 14 streke, is die Kunene-streek. Hierdie streek se naam is ontleen van die Kunene-rivier wat die Noordelike grens met Angola vorm. Die streek se Westelike grens is die Atlantiese Oseaan en die bekende Skedelkus, wat sy naam gekry het van die baie verbleikte bene van walvis, rob en ander beendere. OpUwo is die hoofstad van die streek en is geleë omtrent 720km Noord-Noord-Wes vanaf Windhoek. Kunene, voorheen bekend as Kaokoland word beskryf as een van die mees skilderagtigste van al Namibië se streke. Die streek wat begrens word deur twee riviere, die Kunene en die Hoanib-rivier, is meer as 50000km² groot, 'n gebied wat tradisioneel aan die Himba etniese groep behoort het, as ook die unieke, aangepasde woestyn-olifante van Namibië.

Kunene is bekend vir sy strak bergagtige landskap, maar 'n gebied met onoortreflike rustigheid, veral snags wanneer die hemelruim verlig word met 'n koepel van sterre. Die reeks het nie baie inwoners nie en soms sal u meer woestyn-olifante, renosters, kameelperde, berg-zebras en gemsbokke, as mense sien. Vir voëlkykers, is die tropiese gordel van plantegroei langs die Kunene-rivier, en die tuiste van twee van Suidelike-Afrika se seldsaamste voëls, die Palmmôre-lyster en die Rooibek-sysie net 'n fees.

Baie mense glo dat die Kunene-streek verteenwoordigend van een van die laaste ware wildernisse in Afrika is, en dat dit 'n seldsame geleentheid is om 'n groot woestyn-ekosisteem te bewaar en die mense se lewenskwaliteit te verbeter. Die streek se gemeenskap en regering poog om die Skedelkus en Etosha- Nasionale Parke saam te smelt tot een van die wêreld se grootste bewaringsgebiede wat oor meer as 60000km² sal strek. Sy rotsagtige woestyn, dorre grasvlaktes en droë rivierbeddings bied 'n ylbewoonde smal gang van skaars wild, soos die woestyn-swartrenosters wat hulle laaste toevlug in die Kunene-streek gevind het. Van die natuur se aantreklikhede in die streek is die pragtige Epupa en Ruacana-watervalle, die Ondorusu en die Enyambi stroomversnellings.

Die laaste nomadiese stam in Namibië is die Himba en hulle is meer bekend vir hulle byekorf-vorm van hutte en hul kenmerkende voorkoms, sowel as hul gasvryheid en vriendelike geaardheid. Die Himbas boei 'n mens met hul begrip oor hoe eenvoudig en vredevol die lewe eintlik kan wees. 'n Besoek aan die Kunene-streek sal nie voltooi wees as u nie eers 'n besoek aan die Himbas gebring het nie.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 3 van 3 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Kunene Verblyf en Inligting. Kunene, Kunene.
WTS App Browser