Bly Plekke Logo

Khomas

OorsigVerblyf
Christ Church in the centre of Windhoek. A memorial to Germans killed in the 1904-08 war with the Ovaherero & Nama peoples of Namibia  © Raymond June, License

Khomas

Tot onlangs was Namibië in 13 streke opgedeel, maar die verdeling van Kovango in Kovango-Wes en Kovango-Oos maak dit nou 14 streke in totaal. As daar oor die Khomas-streek geskryf word, dink 'n mens noodwendig aan die feit dat dit die tuiste is van Windhoek, die hoofstad van Namibië. Alhoewel dit waar is, as ook die feit dat Khomas die digsbewoonde streek in Namibië is, is daar nog baie meer in hierdie geslote streek. Die streek ontleen sy naam van die Khomas Hochand Bergreeks of die Hoëveld. Hierdie hoogliggende Plato-landskap, met sy rollende heuwels en hoë bergreekse oorheers die streek en het ook Namibië se hoogste berg, die Auasberg, 2479m hoog.

Omtrent 40km Oos van Windhoek verander die hooglande in groot vlaktes voordat dit stadig afsak na die plat laeveld van die Omaheke-streek met sy Botswana-grens. Die bergagtige terrein met sy hoë ligging maak hierdie streek een van die koudstes in die winter, wat dikwels sub-zero temperature het. Dit is ook die rede vir die Hosea Kitako Internasionale Lughawe wat geleë is in die landelike omgewing, sowat 50km Oos van Windhoek.

Die Khomas streek het 'n reeks verskillende besienswaardighede soos, Doodsvlei, wat 'n soutpan is van negehonderd tot 'n duisend jaar gelede, die Namibrand-Natuur-reservaat, die Namib-Naukluft Nasionale Park, Duin 45 - 'n 85m hoë duin met 'n klim wat regtig die moeite werd is, want van bo-op die duin is die ongelooflikste uitsig oor Duinevallei Catutura dorp, Daan Viljoen Natuur-reservaat, die Helde Akker, Owela museum, die Nasionale museum van Namibië en die Nasionae Botaniese Tuin van Namibië, om maar 'n paar te noem.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 6 van 6 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Khomas Verblyf en Inligting. Khomas, Khomas.
WTS App Browser