Bly Plekke Logo

Karas

OorsigVerblyf
The Fish River Canyon is 160 kilometres long & 30 wide, & the sidewalls are some 550 metres high  © Tscherno, License

Karas

Die Suidelikste streek van Namibië word Karas genoem. Karas kry sy naam vanaf die Karas-bergreeks in die Suide van die streek. Hierdie bergreeks kry weer sy naam van die Namawoord, Kara, wat die Namawoord vir die kokerboom is. Die streek word begrens deur die Oranjerivier in die Suide, die nasionale grens in die Ooste en 'n denkbeeldige lyn wat vanaf die Ooste na die Weste strek, deur die dorp Gibeon in die Noorde van die streek. In die Weste van die streek is die Namibwoestyn, 'n verbode gebied as gevolg van diamant-ontginning. Die oorblywende deel van Karas is hoofsaaklik 'n semi-droë, verlate, songebakte woestynvlakte.

In die Suide van Karas is een van Afrika se natuur-wonders, die Visrivier Canyon. Die visrivier vloei in die Oranjerivier by Ai-Ais en die Visrivier Canyon Park. Hierdie kloof (canyon) is 160km lank en 30km wyd en die sykante is omtrent 550 meter hoog. Die kloof is 'n ongelooflike mooi prentjie en word slegs deur die Grand Canyon van Amerika oortref. Daar is 'n pad wat die Oostelike kant van die kloof vir omtrent 25km volg wat uitstekende uitsigte op die kloof het. Die Karasstreek is bekend vir sy dadels en druiwe wat in die vrugbare grond langs die oewers van die rivier groei. In die park is die Ai-Ais Warmbron-oord, 'n welkome stilhouplek vir die reisiger.

Karas se groter stede is Oranjemund, Luderitz en Keetmanshoop. Keetmanshoop is 'n skakelpunt van pad-, spoor-en lugvervoer. Daar is ook baie ou geboue wat terug dateer uit die Duitse koloniale tydperk. Daar is twee hotelle en 'n woonwa-park. Slegs 'n paar kilometers buite die dorp is die Kokerboom-woud. 'n Groot versameling van kokerbome. Dit is egter nie ware bome nie, maar 'n aalwyns-spesie, Aloe dichotoma. Hierdie woud is in 1955 as 'n nasionale monument verklaar. Sommige van hierdie bome is tussen 200 en 300 jaar oud.

Sowat 70km Noord van Keetmanshoop is daar 'n uitgewerkte vulkaan, Brukkaros. Hierdie berg van kaal vulkaniese rotse se krater is ongeveer 2000 meter in deursnee. Die Westelike deel van Karas, vanaf die Atlantiese-kus tot so 'n honderd kilometer Noord, is 'n verbode gebied waar besoekers nie sonder 'n permit toegelaat word nie. Dit is 'n diamant-ontginningsgebied. Die mynmaatskappy De Beers, ontgin sowat 400kg diamante per jaar in die gebied. In die Noorde van hierdie gebied, naby Ludritz word diamante in die see ontgin. Die gruis op die seebodem word opgesuig en later gesorteer.

Aan die Oostelike grens met Botswana deur die Kagalagadi Grenspark, kan  besoekers groot hoeveelhede wild sien, ook leeus, luiperd en jagluiperds. Hierdie area bied 'n groot verskeidenheid toere en uitstappies aan en is 'n gewilde plek vir 4x4 eienaars. Daar is ook baie historiese terreine om te sien, maar sommige van hulle is goed versteek en die gebruik van 'n gids word aanbeveel. Van hierdie terreine is, die Wit Olifant-Klipkuns-Terrein, naby Warmfontein en die Verlore Stat van die Geel Nasie en die oorblyfsels van 'n rooi klipmuur wat slegs onlangs ontdek is.

Die mense wat die meeste met hierdie streek geasossieer word is die Namas, wie se naam van Namibië afkomstig is. Hierdie mense deel hul kulturele wortels met die San, of Boesmanjagters wat al vir baie jare in hierdie streek bly, saam met die Khoi-herders vanaf Suid Afrika se Kaapprovinsie. Hulle was deur die Europese Setlaars oor die Oranjerivier gedurende die 17de en 18de eeu gedryf.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 7 van 7 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Karas Verblyf en Inligting. Karas, Karas.
WTS App Browser