Bly Plekke Logo

Hardap

OorsigVerblyf
Rural scene in Hardap  © Tscherno, License

Hardap

Nie heeltemaal die Suidelikste van die 14 Namibië se streke nie, het die Hardap- streek slegs die Karastreek laer af na die Suide. Hierdie streek strek vanaf die Atlantiese oseaan, sy Westelike grens, tot die Kgalagadi Grenspark as sy Oostelike grens. Alhoewel die streek slegs een van net twee streke is wat oor die wydte van die land strek, is die Harapstreek een van die mees ylbewoonste streke. Slegs sy Suidelike buurgebied, die Karastreek, is opposisie. Die meeste van sy inwoners behoort aan die Nama-stam, maar daar is ook 'n ander, kenmerkend verskillende inheemse groep, bekend as die Rehoboth-basters. Die Baster-gemeenskap is afstammelinge van die Dorslandtrekkers wat die Hardap-streek se mees Noordelike dorp Rehoboth gestig het.

Mariental is die streek se hoofstad, maar dit is in die omliggende gebied waar die werklike toeriste potensiaal lê. Net buite Mariental is die Hardap-dam van waar die streek sy naam gekry het. Dit is ook van hier af waar die Visrivier, Suid deur die land vloei, om by die magtige Oranje-rivier in Suid-Afrika aan te sluit. Een van die mees wonderlikste aspekte van hierdie rivier se vloei, is wanneer dit deur een van Namibië se natuurlike wonders, die Visrivier-Canyon vloei.

Hardap in nie so gewild onder toeriste as Erongo se kusstreek nie, tog bied dit egter 'n groot verskeidenheid aan enige besoeker in die vorm van ontspannende aktiwiteite. Die Hardap ontspannings-oord bied uitstekende keuses van aktiwiteite van watersport vir die gaste om te geniet. In die Weste is die Naukluft-Bergzebra Park en die Namib-Rand Natuur-reservaat met baie wild om te besigtig.

Die streek word ook beskryf as een van Namibië se mees skilderagtigste en veranderlike streke om deur te reis met sy twee, baie verskillende woestyne (die Kalahari en die Namib), die majestieuse Zarisberge, die Oostelike en Westelike platorand, as ook baie belangrike historiese terreine. Die streek bied iets van algemene of spesiale belang om te ervaar in elke gebied - vanaf die asemrowende landskappe, die tuiste van 'n groot aantal wild en baie endemiese plantspesies, tot gemaklike self- of begeleide toere wat kan wissel, vanaf die gemaklike tot die rowwe buitelewe. Daar is selfs iets om te doen vir die hangvlieër. Aan die kant van die Kalahari is een van die wêreld se beste hangvlugplekke, 'n klein entjie Noord-Oos van Mariental.

In die Noordelike helfte van die Hardap-streek is twee van die land se steilste en mees uitdagendste grondpaaie wat deur die Remhoogte en Spreetshoogte-passe gaan. Op 'n reis van naby 100km is daar niks anders om te sien nie, as die asemrowende uitsig op die rowwe, bergagtige terreine, meer as 2100m bo seevlak. Dit is in skrille kontras tot die Suide van die streek, waar die blykbaar eindelose vlaktes van die voor-Namib, 'n amper 100km lange, vertikale krans van swart rots ontmoet, bekend as die Schwarszrand (die swart kant).

Die belangrike pad-netwerk wat toegang verleen tot die Kalahari, in die Oostelike dele van de streek en na die Maltahöhe-gebied, ook na die Namib-Naukluft Park in die Westelike gedeelte van die streek, kruis met Namibië se hoof, Noord- na Suid-roete in die omgewing van Mariental.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 5 van 5 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Hardap Verblyf en Inligting. Hardap, Hardap.
WTS App Browser