Montvue is die 2011 Nasionale wenner van die SA Toerisme Verwelkomings-toekenning, sub-kategorie: Selfsorg.

Huis

Montvue is geleë in die pragtige en skilderagtige Wynland-omsoomde vallei, aan die voet van die fynbos-bedekte hange van die rowwe Stellenbosch-berg. Die beste plek om die asemrowende, panoramiese uitsig, wat hierdie unieke deel van die Boland bied, te ervaar.

Of u die prag van Stellenbosch met sy ryke kultuur, sypaadjie-kafees en die opwindende, omliggende wynplase verken, oorbly vir besigheid, of 'n universiteits-geleentheid bywoon - sal die persoonlike, huislike gevoel van Montvue verseker dat u 'n ontspannende en gerieflike verblyf sal hê.

Montvue is geleë in Paradyskloof - 'n rustige woongebied van Stellenbosch - dit nooi u om af te skakel, in 'n plek:

  • Naby Stellenbosch gholfbane, Wynplase, bergfiets en staproetes;
  • 4 Kilometers weg van Stellenbosch se middedorp - een van die mees skilderagtigste en mooiste historiese dorpe in Suid-Afrika;
  • 15 Minute vanaf die wit sandstrande van Valsbaai;
  • 25 Minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe;
  • 40 Minute van ons bekende Tafelberg.


Verblyf en geriewe

Montvue bied gerief en luuksheid: Ons vier lugversorgde selfsorg-eenhede met klein kombuisies, badkamers met storte, woongebiede en privaat stoepe met 'n pragtige uitsig op die berge en ook op ons buitengewone, mooi swembadgebied.

Slaapkamer Uitleg:
5 Dubbel slaapkamers, almal met badkamers, vir 'n maksimum van 10 gaste.

  • Eenheid 1 - 2 Enkelbeddens
  • Eenheid 2 - 'n Dubbelbed in slaapkamer plus 'n enkelbed in die aparte woon/kombuisgebied
  • Eenheid 3 - Slaapplek vir 4 persone: 2 slaapkamers met eie badkamers en 2 enkelbeddens in elkeen, aparte woon/kombuisgebied
  • Eenheid 4 - Dubbelbed

Beddegoed en handdoeke word voorsien, ook handdoeke vir die swembad.

Kombuisgeriewe:
Klein kombuisies is toegerus met: 'n Mikrogolfoond, yskas, ontbythoekie, skottelgoedwasser en ander noodsaaklikhede. 'n Ligte selfdiens-ontbyt is in die kombuisie beskikbaar (ontbytgraan, vars beskuit, koffie, tee, suiker en melk). 'n Warmplaat of elektriese braaipan is op versoek beskikbaar.

Ander geriewe:

  • Lugsorg
  • Beskutte parkering
  • Draadlose toegang tot internet
  • Toesluit-kluis
  • Tv met gekose DSTV-kanale
  • Groot swembad
  • Privaat toegang na eenhede
  • Braaigeriewe in die tuin
  • Stoepe

'At your Leisure' (minder as 3 km):

  • Bergfiets-ry
  • Staproetes
  • Gholfbane
  • Kinder-speelpark
  • Restaurante en koffiewinkels
  • Inkopie-kompleks (met wasgeriewe)
  • Gim-gesondheidsklub
  • Wynlande

Vermaak/Stellenbosch

Stap & Bergfietsroetes

  • Die natuur-wandelpaaie in die woud aan die hange van Stellenbosch se berg is slegs 'n paar honderd meter weg, vir die genot van rustige wandelinge, draf of bergfiets-ry.
  • Die Jonkershoek Natuur-reservaat met verskeie stap en bergfiets-roetes is binne gerieflike bereik vanaf Montvue.

Wynplase
Geniet wynproe en toere by die baie wynplase rondom Paradyskloof - almal net 'n klipgooi ver:

  • Vriesenhof - op met die Paradyskloof-pad - 'n regte Suid-Afrikaanse Wynplaas-ondervinding.
  • Blaauwklippen - 'n vol ontwikkelde toeriste gerief met sy 325 jaar-erfenis.
  • Dornier en Waterford op teen die Blaauwklippen-vallei.
  • Tallose ander wynplase binne 20 minute se reistyd vanaf Montvue.

Restaurante
Stellenbosch het 'n hele aantal goeie restaurante wat alle smake en voorkeure sal bevredig:              

  • Bossa Restaurant en 2 koffiewinkels is stapafstand van Montvue af
  • Mont Marie Restaurant met sy lieflike plasing op ‘n wynplaas teen een van Stellenboschberg se hange is maar 4 kilometers weg op Blaauklippenpad.
  • Amazink Life: Suid-Afrika se eerste 'Township Theatre Restaurant' - goeie kookkuns, groot vermaak.
  • Ander moontlikhede soos: La Pineta; Terroir.

Stellenbosch: Die historiese dorp
Voel die hartklop van die oudste dorp in Suid-Afrika:

  • Stap af met dorpstraat - die oudste bewoonde straat in RSA; Kerkstraat - met die eerste kerkgebou in RSA; Tee en kaaskoek by De Oude Werf - van die oudste herberge in RSA.
  • 'n Besoek aan die dorpsmuseum en die oudste gerestoureerde huis in RSA, genaamd, Shröderhuis, waar u kan sien hoe die burgers 300 terug gelewe het.

Kind-vriendelik

  • Spandeer tyd saam met die kinders in die park, net langs Montvue.
  • Neem die kinders op die Stellenbosch se kinder-roete (vir verdere inligting, doen navraag by Stellenbosch Toeriste Buro).

Skilderagtige roetes

  • Volg die R44 deur Gordonsbaai (Clarenceweg) na Hangklip, Kleinmond, Hermanus en terug oor Sir Lowry's pas - een van die mooiste ritte wat u ooit in Suid-Afrika kan ondervind.
  • Ry eenvoudig na Jonkershoek, of oor die beroemde 'Hellshoogte-pas' na Franchhoek.

Gholfbane
Stellenbosch Gholfbaan en The Zalze Gholfbaan is baie naby aan ons en daar is nog 'n keuse van baie ander gholfbane, binne 40 min se reistyd vanaf Montvue.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • Oak Leaf Grading (3)
Fasiliteite
  • buite swembad
  • internet fasiliteite
  • kluis
  • kombuisie slegs
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • motorhuur (minder as 20km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • private vliegveld (minder as 15km)
  • tee / koffie fasiliteite
  • wasgeriewe (minder as 2 km)

Rigting aanwysings

1. Aanwysings vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe

1.1 Volg die N2 (links)) na Somerset Wes.
1.2 Draai links op die R310 by Baden Powell/Stellenbosch. Ry tot by die verkeerslig: Annandaleweg.
1.3 Draai regs, en ry tot by die volgende verkeerslig by R44, draai links in R44.
1.4 Volg die R44 vir ongeveer 7 km na Stellenbosch. Ry verby die 1ste verkeerslig by Jamestown/De Zalze Gholfbaan en die 2de by Tegnopark/Blaauwklippen Wynplaas.
1.5 By die derde verkeerslig, by die Engen Garage, draai regs in Blaauwklippenweg.
1.6 Draai links in die eerste straat, Serruriaweg, weer 1ste een links (weer Serruria).
1.7 Ry tot by die 4-rigtingstop. Montvue is op die oorkantse, regterkantse hoek.
Hoek van Serruria en Coronata - Coronata 22.

2. Aanwysings vanaf Kaapstad op N1

2.1 Neem die 1ste Stellenbosch afrit R310 en ry na Stellenbosch.
2.2 Draai  regs by die 2de verkeerslig R44 in Strandweg en ry vir ongeveer 4km deur die dorp.
2.3 Ry verby die Gholfbaan aan die regterkant, draai links in Blaauwklippenweg by die verkeerslig en Engen Garage.
2.4 Draai 1ste straat links in Serruriaweg weer 1ste een links (weer Serruria).
2.5 Ry tot by die 4 rigtingstop. Montvue is op die oorkantse, regterkantse hoek.
Hoek van Serruria en Coronata - Coronata 22.

3. Aanwysings vanaf Tuin Roete

3.1 Vanaf die N2, neem die afrit links in die R44 en dan regs na Stellenbosch.
3.2 1.4 Volg die R44 vir ongeveer 7 km na Stellenbosch. Ry verby die 1ste verkeerslig by Jamestown/De Zalze Gholfbaan en die 2de by Tegnopark/Blaauwklippen Wynplaas.
3.3 By die derde verkeerslig, by die Engen Garage, draai regs in Blaauwklippenweg.
3.4 Draai links in die eerste straat, Serruriaweg, weer 1ste een links (weer Serruria).
3.5 Ry tot by die 4 rigtingstop. Montvue is op die oorkantse, regterkantse hoek.
Hoek van Serruria en Coronata - Coronata 22.

GPS Koördinate:
33 57,796" S
18 51,272" O