Mgankla Lodge bied vir ons gaste eksklusiewe selfsorg verblyf in die malaria-vrye Noordwes Provinsie. Ons is net buite Brits geleë, 40 minute vanaf Pretoria en 30 minute vanaf Hartbeespoort Dam met sy vermaaklikheids aktiwiteite en restaurante en Sun City is ook nie te ver nie (ongeveer 100km).

Vir ‘n privaat wildsplaas vakansie of wegbreek, bespreek vandag nog by Mgankla Lodge.

Mgankla Lodge, weggesteek in die bosveld, huisves tot 26 gaste met gemak in ons twee unieke, aparte kampe. Beide kampe is ten volle toegerus vir u gerief met privaat kombuise, sitkamers, privaat swembaddens, braais en bomas vir u bosveld wegbreek.

Elke slaapkamer is toegerus met lugversorging sowel as dakwaaiers en albei kampe het ook TV’s met DSTV. Vir die kinders is daar ‘n klimraam en swaai sowel as ‘n groot grasperk, alles naby die braai geriewe.

Ons bied vir ons gaste onder andere wildritte, bergfiets- en staproetes in die veiligheid van ons plaas. Diere sluit in kameelperde, kudus, nyalas, rooibokke, elande, vlakvarke, ratels, blesbokke, waterbokke, ‘n groot verskeidenheid voëllewe en nog vele meer.

Mgankla Lodge is ideal vir reünies, verjaarsdae, gesinsbyeenkomste, spanbou of selfs net ‘n rustige blaakans weg van die geskarrel en geraas van die stad.

Fasiliteite
  • bergfietsry
  • buite swembad
  • grootwild (minder as 30 km)
  • jag (minder as 30 km)
  • jag od die plaas kan gereel word
  • kaggel
  • kluis
  • lugversorger (sommige eenhede)
  • natuurroete op die terrein
  • Op aanvraag bedien
  • parkering op die terrein
  • private swembad (sommige eenhede)
  • visvang op die terrein
  • wasgeriewe
  • wildritte op die terrein