Durban Akkommodasie

»

Umhlanga Rocks Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Umhlanga Rocks

4 Glitter BayEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 66 Lagoon Drive
Umhlanga Rocks
Umhlanga
KwaZulu-Natal
South Africa
Kontak : Bonny Williamson
Plaaslike Tel : 031-5616799
INT Tel : +27-31-5616799
Plaaslike Faks : 031-5614945
INT Faks : +27-31-5614945
Sel : 083-4155650

Glitter Bay is geleë op Umhlanga se Brons Strand en spog met ‘n uitsonderlike uitsig, direkte toegang tot die gewilde promenade-strand en swem strande, goeie sekuriteit en 'n pragtige gemeenskaplike swembad en braai area.

Jy kan die atmosfeer van hierdie kusdorpie, met al die beste geriewe op jou voorstoep, geniet. Die woonstel word daagliks gediens (behalwe oor naweke en openbare vakansiedae). Die woonstel, wat uitkyk oor die Indiese Oseaan, bestaan uit 'n groot sitkamer, eet-hoekie, ten volle toegeruste kombuis, 3 slaapkamers, 2 badkamers en ‘n patio wat oor die see uitkyk.

Umhlanga is bekend vir sy wonderlike vakansie gevoel en sonnige klimaat wat elke jaar miljoene besoekers lok.

Vakansiegangers geniet die pragtige wye strande, die seelewe en jy kan selfs dolfyne te sien kry. Die promenade wandelpad word sterk aanbeveel want dit gee jou 'n pragtige uitsig van Umhlanga van die een kant na die ander.

Branderplank ry snorkel, wind surfing , visvang of ‘n rit op 'n skiboot is net 'n paar van die aktiwiteite wat 'n mens kan geniet op die strand.

Umhlanga spog ook met onvergeetlike en gedenkwaardige plekke soos die Portnet vuurtoring en die immer bekende Oyster Box Hotel. Ander groot aantrekkings is Granny’s Pool, die Hawaan Inheemse Woud plus Gateway “Theatre of Shopping” wat ‘n MOET SIEN is!.

As jy dobbel geniet is Sibaya Casino die plek waar jy jou fortuin kan maak en die wiel kan laat draai. Hierdie vermaaklike ervaring is net 10 minute se ry vanaf Umhlanga.

Vir die gholfspeler is Mount Edgecombe golfbane binne maklike bereik.

Soos jy kan sien is Umhlanga die plek om te wees, ingestel op vakansiegangers.

 

4 Glitter Bay fasiliteite:

  • Kapasiteit 6 persone (1x koningin bed, 2x ¾ beddens, 2x enkel  beddens).
  • 2 Badkamers (1 bad & 2 storte).
  • Kombuis ten volle toegerus (mikrogolf, skottelgoedwasser).
  • Kluis.
  • Volle voor- uitsig oor die see.
  • Volle DStv word voorsien.
  • Lugversorging.
  • Direkte toegang tot promenade / hoof strande.
  • Veilige oop baai parkering.
  • Ten volle toegeruste wassery in die gebou.
  • Boot / mariene sleephelling (binne 5km)
  • Wasgeriewe (minder as 2 km)
  • Flieks / teater (minder as 5km)
  • Private vliegveld (minder as 15km)
    • Reptielpark (minder as 20km)

Bladsy Statistieke
64517 besigtings sedert 08 Oct, 2007.
Laas opgedateer op 23 Feb, 2018.