We are COVID-19 Compliant and open

Farr Out

Bed & Ontbyt Akkommodasie In Paternoster

Net 'n paar minute se reistyd na wildernis, voel u verrassend afgeleë. Al knersende op teen die glinsterende skulppaadjie kyk u oor 'n inheemse tuin en direk uit oor die see. Die vroeë reisigers mag sommige van die wildlewe sien wat rondloop as hulle dink dat daar niemand is nie. Gaan saam met Deon op 'n uitstappie met sy duinebesie, met 'n bietjie wind in u hare om oor die duine te kyk. Hoe klink 'n braai in 'n halwe Wigwam soos die Indiane dit gedoen het? Reënerige dae word ook aangespreek met 'n klomp bordspeletjies, insluitende 'n gewilde 30 jaar-oue uitgawe van 'n Duitse Monopoly.
Die kamers is modern met televisie, hoëtroustelle en van die mees opwindende toilet-sitplekke. Maak seker dat u 'n kans kry om 'n paar minute in die tuin-mandjiestoel deur te bring voordat u vertrek - spesiaal ingevoer vanaf Duitsland, beskut dit u uitstekend teen die wind. U kan daar rustig vir 'n uur of 10 bly sit om oor die duine te kyk. Ons kan Engels, Afrikaans en Duits praat.

Verstommende inheemse veldblom-tapyte tussen Julie en Oktober - Liefhebbers van voëls kan 225 verskillende spesies bespreek - Die laaste bemande ligtoring van Tietiesbaai/Kaap Columbine Natuur-reservaat is naby - 8 km van onbesoedelde wit sandstrande - Spelerige dolfyne en Suidelike Noorkapper walvisse in seisoen - avontuurlike duinebesie-ritte langs die kuslyn - 'n Wigwam-braai, en, en, en.

Kies u kamer:

White Mussel is 'n lugtige dubbel slaapkamer (koningins-grootte bed) met 'n noord-aansig op grondvloer aan die oostelike vleuel, met 'n pragtige see-uitsig wat vanaf 'n privaat terras geniet kan word.
Black Mussel is 'n oos-aansig, ruim, dubbelslaapkamer (konings-grootte bed) op die grondvloer van die oosvleuel. Vanaf die stoep is daar 'n verbasende uitsig op die fynbos.
Oyster is 'n noord-aansig, oorweldigende, dubbel-slaapkamer (koningins-grootte bed) op die boonste vloer van die oosvleuel. Die verstommende see-uitsig nooi u vir 'n skemerkelkie op die balkon.
Perlemoen is 'n oos-aansig dubbelkamer (2 enkelbeddens), baie bekend vir die verstommende sonsopkoms, op die boonste vloer van die oos-vleuel. Ideaal vir gesin/vriende, bykomend tot die Oyster-kamer.

Al die kamers: het 'n eie ingang (behalwe Perlemoen). 'n Eie badkamer met 'n ruim stort. Plafonwaaiers in White Mussel en Oyster. Kluis (behalwe Perlemoen). Hi-Fi en Tv (behalwe Perlemoen). Haardroër, bedlinne. Handdoeke. Strand-handdoeke. Mini-kroegyskas (behalwe Perlemoen). Koffie/Tee geriewe. Alarm-sisteem. Eie stoep (behalwe Perlemoen) Geen rook in die eenhede nie. Verskillende gratis drinkgoed met aankoms. Daaglikse kamerdiens (Maandag tot Saterdag, behalwe publieke vakansiedae).

Ontbyt word by die groot eettafel bedien waar die planne vir die dag bespreek word. (Kontinentale ontbyt gedurende die week, Engelse ontbyt oor naweke) of, indien die weer dit toelaat, ook buite op die stoep.

Neem asseblief kennis: Ons is lede van Saldanhabaai Toerisme Organisasie, Paternoster Dorp Toerisme, Greenwood Guide en ook deur AA hoogs-aanbeveeld.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • AA Highly Recommended
  • Tourism Grading - 4 Stars
Fasiliteite
  • haardroër
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai
  • dakwaaiers
  • elektroniese kluis
  • gediens
  • internet fasiliteite
  • kano (minder as 5km)
  • kluis
  • linne en handdoeke voorsien
  • motorhuur (minder as 20km)
  • natuur roete op die terrein
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • radio in die kamer
  • restaurant (loop afstand)
  • restaurant (minder as 300m)
  • restaurant (minder as 5km)
  • son dek
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kamer (nie-satelliet)
  • televisie in die kommunale gebied
  • verwarmers in eenheid
  • visvang (minder as 3 km)
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wi-fi / hotspot
  • wildritte (minder as 30 km)
  • yskas in eenheid

Rigting aanwysings

Neem die R27 vanaf Kaapstad (Weskus-pad) vir omtrent 120km. Draai links ná 'n klein bruggie, na Vredenburg. Ry dan deur Vredenburg na Paternoster. Net duskant Paternoster, as u oor die heuwel kom en die see sien, draai links in na die kleinhoewe-gebied "Pelgrimsrust". Ry in by die ingangsmure en draai na ongeveer 200m links en volg die sirkel-pad. U sal Farr Out amper aan die bo-punt van 'n 90° draai kry. Ry in by die ingangsmure van Farr Out, na ongeveer 200m van 'n knersende oprit, sal u by u plek van verblyf aankom.

Breedtegraad: 23° 49' 13.97" S of : 32.8206407554049

Lengtegraad: 17° 53' 38.14" O of 17.8939390182495