Dimalachite River Lodge

Vakansieoord Akkommodasie In Parys

Kom en geniet die rustigheid en natuurskoon vanaf die oewer van die Vaalrivier.

Dimalachite is geleë 7 km. vanaf Parys in die “Vredefort Koepel” wêrelderfenis gebied. Die koepel het ontstaan te danke aan die inpak van die grootste en oudste meteoriet wat die aarde miljoene jare gelede getref het.

Die pragtige natuurskoon teen die Vaal rivier sluit ‘n verskeidenheid inheemse bome, en plante in wat gedeel word met ‘n verskeidenheid land en watervoëls. As jy gelukkig is, kan jy verras word met geroep van die Visarende.

U kan ook gebruik maak van ons gewone volledig toegeruste 4 tot 8 bed chalets. Indien u u gesin wil bederf, is ons luukser “River lodges” ‘n moet. Bring slegs u swem handoeke en kos.

Pragtige kampeerplekke (hengel en nie hengel) met elektrisiteit en braai geriewe is teen die rivier beskibaar.

Kom en geniet ons aksie belaaide “White water Rafting” uitstappies. Oor die afgelope twintig jaar het ons duisende gelukkige kliente op die avontuur uitstappie geneem, Ons doen die beste gedeelte van wit water op die Vaal rivier. Ons verskaf alle veiligheids toerusting en ons gidse sal toesien dat u 'n onvergeetlike dag op die rivier beleef.

Dimalachite is ‘n hengel paradys. Aangesien ons die afgelope 20 jaar slegs “catsh & release” toelaat, kan ‘n groot karp (volskip en spieël), geelvis (groot en kleinbek), moddervis, graskarp en baber dalk jou katrol laat sing. Onthou om ‘n lang skepnet te bring, aangesien die rivier se walle soms hoog is. Vir vlieghengelaars en persone wat in die strome wil gaan hengel is 2 man rafts te huur, of bring u eie saam.

Dimalachite se wild kamp is nie groot nie maar u is gewaarborg om ‘n hele paar wild spesies van redelik naby te sien. Bespreek gerus ‘n vroeg oggend wild rit met heerlike koffie en beskuit. Dag en nag ritte ook beskikbaar.

Die oord het ‘n heerlike swembad met ingeboude “borrelbad”, minie golf baan, “paintball” skyfskiet, spring matte, kiosk, speel parkie, ‘n ontspanning saal met TV.

Bespreek ‘n spesiale aroma borrelbad sessie met skuim, aroma en agtergrond musiek. Die kinders kan hul fietse saambring aangesien hulle dit veilig op die terein kan gebruik.

Dimalachite bied aan u die idiale fasiliteite en aktiwiteite vir spanbou en jaareind gesellighede. Volledige konferensie geriewe met heerlike etes en kroeg fasiliteite is beskikbaar.

Ons bied ook ‘n skool kampe aan. Leierskap, spanbou, avontuur (white water rafting), sport, kultuur, graad agt, studente asook akkademiese kampe. Akkommodasie vir sowat 150 leerlige beskikbaar. Ons voorsien alle beddegoed asook konferensie geriewe en heerlike etes.

Die kiosk verkoop benodigdhede asook ys, hout, koeldrank, koue bier, vis gereedskap, aas en ander noodsaaklikhede.

Breek weg van die gewoel van die stadslewe en kom ontspan en geniet die rustigheid van die natuur.

Fasiliteite
  • Vlieg visvang
  • buite swembad
  • DSTV in kommunale gebied
  • gelei natuuruitstappies
  • gemeenskaplike TV-kamer
  • kaggel
  • kanovaart ter plaatse
  • lughawe (minder as 15km)
  • Malaria vry
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • nie gediens
  • Op aanvraag bedien
  • parkering op die terrein
  • tee / koffie fasiliteite
  • verwarmers in eenheid
  • visvang op die terrein
  • wildritte op die terrein