Durban Akkommodasie

»

Umhlanga Rocks Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Umhlanga Rocks

903 BermudasEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 74 Lagoon Drive
Umhlanga Rocks
Durban
KwaZulu-Natal
Kontak : Bonny Williamson
Plaaslike Tel : 031-5616799
INT Tel : +27-31-5616799
Plaaslike Faks : 031-5614945
INT Faks : +27-31-5614945
Sel : 083-4155650

Die Bermudas is 'n pragtige strand-front kompleks geleë op Umhlanga se spog hoofstrand.

Hierdie 9de vloer, ten volle gemeubileerde woonstel, bied ‘n skouspelagtige uitsig vanaf die hoofslaapkamer en leefarea so vêr as wat ‘n mens met die oog kan sien! Sonsopkomste is absoluut asemrowend!.

903 Bermudas is 'n 3 slaapkamer, 2 badkamer eenheid met 'n ruim leefarea en ten volle toegeruste kombuis.

Die kompleks spog met 'n pragtige swembad waar jy die son sowel as die uitsig oor die see kan geniet. Parkering is veilig en het ‘n elektroniese toegangs hek. Hierdie eenheid het ook direkte toegang tot die gewilde promenade en strande.

Umhlanga is 'n juweel op die KwaZulu-Natal kus. Dit het 'n wêreldklas vakansiebestemming, met sy briljante klimaat en pragtige strande geword. Die fasiliteite wat aangebied word, is 'n uitsonderlik. Vir die water-entoesiaste is daar diepsee visvang, dolfyn besigtiging, skubaduik,branderplank ry of net  op die strande ontspan en die son absorbeer. Vir die meer avontuurlustige is daar microlite reise wat aangebied word vir 'n ervaring van 'n leeftyd.Dit is ‘n genot om op die promenade te stap en die son, pragtige uitsig en kafees te geniet. Pragtige restaurante en koffiekroeë is sinoniem met die dorp. Die ongelooflike Gateway Entertainment Centre (die grootste in die Suidelike halfrond) is reg op jou voorstoep (‘n moet op jou lys!). Luukse gholf landgoed (Mount Edgecombe) en casino (Sibaya) is binne maklike bereik. As jy op soek is na 'n vakansie,is Umhlanga beslis 'n goeie keuse, enige tyd van die jaar.

903 Bermudas Fasiliteite:

  • 6 persone (1 koningin, 4 enkel beddens)
  • 2 Badkamers (2 storte, 1 bad)
  • Kombuis ten volle toegerus (met mikrogolf en skottelgoedwasser)
  • Digitale toesluit kluis
  • Vol uitsig oor die see vanaf die leefarea & hoofslaapkamer
  • Hysbak
  • Vol DSTV word verskaf
  • Lugversorging
  • Groot swembad met uitsig oor die see
  • Direkte toegang tot promenade / strande
  • Veilige parkering vir motors en sleepwaens
  • Nie rook eenheid
  • Geen braai toegelaat.

Bladsy Statistieke
15804 besigtings sedert 14 Feb, 2014.
Laas opgedateer op 23 Feb, 2018.